24 - Afrikaanse Stories en Dinge.
Adivino |

|

|
Pink Protea onse bekendste blom |
Die
LEWE is ‘n 5biljoen jaar oue werklikheid – is dit wat die materie herskep in ‘n ordelike
form. En hierdie skepping van LEWE moet aanhou tot al die material verander
is in die “double helix” structuur. Die
Lewe is ‘n kosmise energie form waar alles orderlik en onder beheer is, met lewens bewusyn, en intelegente redenasie
wat ons die logika noem. En harmonie resoneer soos goeie music in ons oor. Hier sien ons die aura van kosmiese lewe, en die halo van die lewendes. Die "double helix"
van DNA en al die wonders en kluere van die lewendes.
Alwyn |

|
Hier onder volg skakel inhoud
Pinkprotea |

|
skakel tot meer afr verse |
My Voorwoord in Afrikaans. Die rede vir my skrywe hier. Miskien ‘n laaste wens. Of miskien ‘n heimwee oor dit wat was soos toe ek 'n kind was
............ en net sewe jaar oud. O neem my voor die veerman kom, om my weg te
neem. oor die groot revier met die baie mis waar die oorkant nooit bespuerbaar is o neem my terug na die wonder tuin dat ek hoog uit die bloekom se lower kruin kan tuur oor die land van gloed en goud. soos
toe ek 'n kind was ............ en net sewe jaar oud.

Ek wil graag nalaat
dit wat baat kan bring aan diegene wat volg, of die jonger geslag wat net wil weet. Ek het deur al die jare die lewens waardes
wat my sterk oupa Klaasie my geleer het, probeer handhaaf. Deursettings vermoe was een van hulle. Die bittereinder
was altyd as “hardkoppig” gebrandmerk. Insig. Om iets in jou verbeelding
te vorm voor jy hom maak. Dit het hy verduidelik terwyl hy vir my ‘n kettie-mik uit kerf. “ Jy moet hom in jou
hand sien, met merke waar jou vingers pas, soos ‘n deel van jou hand”. ‘n
Vrugbare verbeelding was as ´n “luenaar” gebrandmerk, of die droomer

|
Afrika se kluere |
Daar was ook ‘n
ander skrywe, wat my bybly van my skool jare “Briewe aan my seun Jannie”. – Bv. in die wandel pad na die ewigheid is jy
bestemming ouderdom en die dood. “Die lekker in ons reis na die ewigheid, is in die vooruit sien, die beplanning en drome,
dit is ook in die oomblike wat mens vertoef, mooi herhinderinge wat mens bybly is die aangename oomblike, om die beelde van
die natuurskoon op die weg in teneem. Die daarkom – is gewoonlik ‘n teleursteling. Dit is ‘n fout om met
toe oé, te jaag na die einde”."die lekker is in die rys - nie in die daarkom nie".Hier volg sy presiese woorde - As ek die wêreld so beskou, lyk dit vir my 'n man moet met kar en perde deur die lewe reis; laat blaas teen die opdraende; uitspan en ketel kook waar die wêreld vir hom mooi word. Dit is 'n groot fout wat ons maak dat
ons die entjie graf-toe, met 'n motor afja. Die lekkerkry
lê mos by die ryery, nie by die daarkom nie. Oupa Klaasie het my groot gemaak, en voorbery
om sekere omstandighede te hanteer. Self beheer was die moeilikste, om uitbarstings onder beheer te kry, soos ´n masiewe influx van adrenaline. Om jou doelwit duidelik te
sien, en volbring met deursettings vermoe en toewyding aan die taak. “moet
nie net droom nie – laat die mooiste, hoogste en edelste
gebuer en waar kom.”

|
uitspan en ketel kook waar die wêreld vir hom mooi word. |
Uit
die tuin van my heimwee. Is daar
iewers 'n boord of tuin .... Met die
dou-silver oggend se koms. Waar die voels so blink
in die bloekom se kruin Waar langbaard kabouters nog stilletjies saans. Met die krieke orkes in die skaduwees dans. Is die blare so groen en die vrugte so soet En die kuile so blink in die middag se gloed. Is die berge so blou ... En die rooi vuurblom so ... mooi En die bloeisels so dik oor die
aarde gestrooi. En elke bruin klip ... so
belaai met goud Soos toe ek 'n kind was
.... En sewe jaar
oud.

Ek is van Afrika Ek is van Afrika Nie omdat ek
daar gebore is Maar omdat my hart met Afrika klop Ek is van Afrika Nie omdat my gelaat donker is Maar
omdat Afrika my gedagtes omgrens Ek is van Afrika Nie omdat ek van haar leef Maar omdat my siel tuis is –
in Afrika

Wanneer Afrika oor haar kinders
ween Is my wange deur traandruppels deurweek Wanneer Afrika haar voorvaders eer Buig my hoof in respek daarheen Wanneer Afrika oor haar slagoffers rou Is my hande in gebed gevou Wanneer Afrika haar oorwinnings vier Dans
ek op die maat van die oorwinningslied

Met haar
asemrowende ylblou lugruimtes Laat sy die toekoms skitterend skyn Ek is van Afrika Waar ek gegroet word asof
familie En ek ervaar die gevoel van meervoudig Ek is van Afrika Want haar wildheid bring vertroosting vir my
siel En bring my nader na die bron van Lewe Wanneer Afrika-musiek in die wind weerklink Volg my polsslag die ritmiese klop En word ek een met die klank Wanneer die Afrika-kleure in die son glinster
Verdrink my sintuie in haar reënboog En is ek die natuur se pallet Wanneer die Afrika-verhale om die vure op-klink Volg my voete hul tydlose ‘wink En is ek die spore van die verle’ Ek is van Afrika Want sy’s die krip van geboorte En troetel die oer-oue wysheid Ek is van Afrika Want sy leef in die skadu van die wêreld En brand met ‘n gloeiende inspirasie Ek is van Afrika Want sy is die land van môre En ek eer haar tydlose geskenke ©Nikita — 2nd September 2008
Dancing African woman |

|
African Culture |
Ek
weet van ‘n plek in Afrika Ek weet van ‘n plek in Afrika Waar ek die son op my rug voel skyn En die sand tussen my tone
speel Waar ek die seemeeu op die windjie hoor En golwe op eindlose strande breek Ek weet van ‘n plek in Afrika Waar die berge die
blou lug ontmoet En valleie die groen wingerde huisves Waar bome hul pers kleed sprei En die bosveld sy room
kleed dra Ek weet van ‘n
plek in Afrika Waar die dondergode hul stemme laat hoor En sien ek hul weerligspiese neerdaal Waar ek die reuk
van reenwolke intrek En die soet van die stowwerige doudruppels proe
blomme stad |

|
Strand in die Kaap. |

|
Blomme ooral rond tot waar die oog kan ruik. |
Dis ‘n wildernis,
die plek Van Evolusie en dinosorusse Waar lewe begin het, hier was die eerste mens Van lewende fossiele en
olifante Waar leeus brul en springboktroppe spring Dis die plek van swaarkry Van woestyne en doringbome Waar paaie
doodloop en jagters jag Van horisonne en grense Waar reise begin en sonsondergange bloei Dis die plek van vryheid Van ontdekkings
en pioniers Waar donkerte geskuil – en die lig deurgebreek het Van ware legendes en wonderwerke Waar
dagbreek begin en hoop helder brand
Pretoria in die jare 1960 |

|
Jakarandas so ver mens kyk |

My hart is tuis in Afrika Waar die tromme
se ritme in my klop En tydlose liedere in my ore sing Waar die reenboogmis in my oë skyn En vriende se
glimlagte my welkom heet My gedagtes
ontspan in Afrika Waar die mense na aan die aarde leef En seisoene die veranderde gemoed aandui Waar besige
markte handel dryf En die Skepping sy stadige gang steeds gaan My siel is gelukkig in Afrika Haar strome bring lewe in my are Haar winde bring
genesing vir my drome Wanneer haar verhaal vertel is Verenig dit in ons noodlot. © Nikita…2008
Spring bok beeld in Pretoria. |

|
Affodille |

|
Daffodils |
Die Affodil-dans Alleen wandel ek soos ‘n los-wolkie wat
sweef oor hoë berge, heuwels, valleie en dale Skielik sien ek ‘n plaat Affodille ‘n blink-geel,
songeel, goudgeel versameling wat skitter en skyn langs die meer onder die bome swewend en dansend buigend en juigend na die Somerreëns Langsamerhand – soos die sterreskyn Glinsterend – soos in die Melkweg-lyn Al
langs die kant van die baai Vang my blik die verruklike dans die aanskoulike geswaai van koppies wat draai onder die hange van ‘n krans


Ver-weg op my rusbank lê
ek uitgestrek Langsamerhand weerkaats die dansende skynsel in my binne-oog Die opgewondenheid van alleen-wees vervul my hart met plesier en ek dans die dans! van die blinkgeel, songeel, goudgeel, bly-geel Affodille! ©Nikita 26th August 2008
Afrikaanse Toeneel |

|
Go to the top of this page
Enter content here
|