60 - Geskiedenis - JL von Wielligh naam.

Volledige naam en persoonlike aangeleenthede van hierdie naamgenoot. Johannes Lodewicus
von Wielligh le Roux 1939. Nou bekend as oom Von… Hier volg wat hy onthou van Vonnie se kinderjare, gebeurtenisse tusen die jare 1940 – 1945, die einde van WW2.
Daar was ‘n JL
in die Kaap wat op Stellenbos gestudeer het. Verder weet ek niks van hom nie.
Dan was daar “JL” von Wielligh, die predikant van Port Shepstone aan die Natalse kus.
JL von Wielligh se klein dogter. |

|
Lammie. |
Hy het bekendgestaan as die siener van die onbekende Hy het faam verwerf in sy gemeenskap vir ware voorspellings van daaglikse gebeurtenisse. As ‘n predikant
het hy sy gemeenskap betrek. Hulle was hoofsaaklik vissermanne wat hom op ‘n daaglikse basis kom raadpleeg het.
“JL, wat sien jy vir die dag?” En die ou siener sou na die see kyk, wys na die voëls en beduie: “Daar
is die sardyns, hulle trek met die kus op. Agter hulle volg die seeleeus en haaie. Kom van voor af in met die nette. Julle
moet roer met die intrek voor die haaie kom. En nou moet julle regtig opskud want namiddag gooi die wind gat om en blaas hoë
golwe met wit kruine.” Of “Vandag kan ons nie die horison sien nie en dit is swart toegetrek; dit is dus
beter om nie uit te gaan nie.” Hy was altyd die laaste hoop as vissermanne nie teruggekom het na ‘n storm nie.

Hy het drie dogters gehad: Deodie, Judymarie en Claudine. Ek onthou Judymarie
het by ons op die plaas kom woon, sy was altyd die veearts se helper met operasies – alles omdat my pa so graag ‘n
dogter wou hé. Dit was voor sy haar ma in 1961 verloor het. Ons was saam op skool en later Tukkies
toe. So nou en dan gesels ek met Lammie Groenewald, haar dogter, wat twee pragtige kleinkinders het, en mens kan die familietrek
duidelik sien.
Het drie dogters gehad. Deodie, Judymarie en Claudine. Met Deodie en haar man Dennis gaan dit goed –
Dennis het ñ derame gehad en blykbaar herstel. Sal later per pos hulle besonderhede stuur. Deodie
is die enigste oorlewende dogter van ou JL.Ek is seker sy kan jou baie fam stories vertel. Ek onthou net Judymarie het by ons op die plaas kom woon, en ons was
saam op skool en later Tukkies toe. Waar sy Lammie se pa, Ou “Tawe Tiennie" ontmoet het. Al dd jare het sy
nooit nooit van haar pa of ma gepraat nie – Ek was mos ook sonder ma, gevolglik het ek nie gevra nie.

|
die eerste hand geverfde fotos |

En daar was die “JL” die Friesboer met die Wic Alfa-stoet - Die melkery - my pa se droom wat saam met Vonnie
grootgeword het. Ek het “JL” in die begin amper nooit gesien nie, en nie geweet wie hy was nie. Hy het met “JL”
Louw van Heerden in Johannesburg saamgewerk. Hulle het die eerste geraamde kleurfoto’s in Suid-Afrika
gemaak en versprei. Hulle het pragtige, fyn houtrame met borrelglas gemaak wat die indruk van diepte verleen het. Die prente
en skilderye was eintlik swart-en-wit foto’s wat die kunstenaars met verfkwasse bekleur het wat dit 'n uitgewaste voorkoms
gegee het - soos die voorbeeld hier langsaan aandui. Dit was goeie materiaal en hierdie skilderye moet seker vandag nog bestaan.
Jou Pa en
Louw van Heerden - Die eintlike besigheid met die portrette was dat jy ’n
familieportret kon verskaf en dan het hulle dit vergroot, ingekleur en in unieke rame geplaas. As jy blykbaar ’n groot
genoeg bestelling geplaas het, kon jy ’n portret met ’n natuurtoneel as ’n bonus kry. Ek kan goed onthou
dat jou pa dikwels by ons aangekom het met sy kar volgelaai met die portrette in smal kartondose verpak. Louw van Heerden
was blykbaar ’n ryk man. Ons was eenkeer in Johannesburg by hom aan huis en ek kan onthou dit was ’n groot, deftige
dubbelverdiepinghuis. Ouma Bettie se van was Hattingh en sy het van Tarkastad in die Oos-Kaap
gekom. Haar Ma was ’n Van Heerden wat die verwantskap met Louw verduidelik. Daar was ’n klomp ander neefs wat
naby Kroonstad in die Vrystaat geboer het. Hulle het sulke dik nekke gehad. My pa het hulle die “naafnekke” genoem
(genoem na die naaf van ’n wawiel).
Wonnie von Wielligh |

|

|
Maria Elizabeth le Roux |
“JL” het gewoonlik laat in die nag teruggekom, seker maar Vrydagnag,
met die vreemdste karre. Een het met houtgas geloop, en daar was later die wynrooi Pontiac wat hy op die plaas vir Sannie
laat staan het. Hy het altyd ‘n hele paar doodgeryde wilde hase teruggebring, wat hy so stop-stop opgelaai het. Dit
was "vars vleis vir die volk."
En Pa het hard gefluit. Petrus se roep “yebo” het gekom en dan was hy al op pad. Almal het deur middel van fluitery gekomunikeer om mekaar te roep.

Die wit haasstertjie is dan afgesny. Dir was vir Vonnie bedoel. Oomblikke later sou die kat dit egter
uit my hand gryp om te verslind en grom as ek naderkom. Oupa het gefluister: “Versigtig, hy dink
jy is ‘n kat”. En snaaks genoeg, die kat het my en die skoothondjie Tiekie oral rondgevolg
en gespeel. So het die koei my amper een dag geskraap en Oupa het gefluister: “ Sy dink jy is ‘n kat, jong.”
Die verandering na ‘n katpersoonlikheid het my vreeslik beïndruk. As dit by kos kom, durf jy
nie waag om dit af te neem nie. Mense ook - vat iemand se kos en sien hoe hy verander hy in wilde dier. En deur die lewe het
ek agtergekom dat baie diere my as ‘n kat beskou. Die katmoeders kom kry kleintjies in my huis – en die mannetjies
kom om dan hul area te merk – en piepie op my bed. In die katwêreld is dit natuurlik die ergste belediging.
Katpiepie laat my hare rys. Ek vertoon egter baie kat-eienskappe. Ons is alleenlopers – soek hoë plekke, vermy
mense, is onafhanklik, ongesiend, vreesloos en rats – en word nukkerig en befoeterd met die ouderdom.
Moenie in die lig staar nie, en nooit moet jy kyk in die son
want hy blus jou herhinneringe - en jy verander in
‘n haas. Moenie staar na die gloed
en goud van die stad, want jy sal soos die haas
uitvind, in die gloed skuil die dood.
Ver en wyd was daar ook ander plase met volk. Hulle het mekaar
geken en was soms verwant. Dikwels het hulle groot saamtrekke vir troues georganiseer, soos byvoorbeeld vir Selina en Petrus
se troue. Petrus
was die ossedrywer en hy kon die mooiste diere en dinge maak met klei, wat altyd tot my teleurstelling verdroog en verkrummel
het. Os of twee word
geslag en bier gemaak, vleis gebraai, en uitgedeel en hulle dans dat die grond so bewe

Daar is verwys na die “woonvolk” of soms na die swart volk. My aia se familienaam was Dhlamini van die plaas
Goedehoop. Daar was ouma Emma met haar dogter Betta en skoondogter Selina. Later het ek uitgevind dit was nonna
Bettie (“mafuta”) wat aan die mense name en byname gegee het. Sy het soms agteruit gepraat as sy nie wou hê
ek moes verstaan nie, of het Swazi gepraat met Selina wat in perfekte Afrikaans geantwoord het. Ouma Bettie het vir haar gesê
"As daar vreemdes kom kuier, moet jy nie Afrikaans praat nie - hulle sal jou steel en wegneem; dit is beter om uit die
oog te bly." Die aia het beskeie grond toe gekyk en net “Yebo nonna” geantwoord. Petrus
het Zoeloe met oupa Klasie gepraat, wat hom in Afrikaans geantwoord het. Eintlik was dit Selina wat Vonnie grootgemaak het.
Hy was 15 maande oud toe sy ma oorlede is en het 5 geword in Desember, toe die ander vrou haar opwagting gemaak het.

|
Dit was die huis op goedehoop. |
Selina kon die
lekkerste pap maak en Vonnie het op krummelpap en bokmelk grootgeword, alhoewel hy allergies was vir Petrus se koeimelk, en
vetterige kos hom ‘n goor maag gegee het. Sy het hom Afrikaans geleer – sy kon baie goed Afrikaans praat –
en selfs die regte uitspraak. Vonnie het sy moedertaal uit die mond van 'n swart vrou geleer. 'n Beter aia pleegma was daar nie te vinde
nie. Sy het
nooit toegelaat dat ek huil nie, want dit was 'n skande. As ek begin kerm het, het ek aandag gekry - altyd liefdevol
met oneindige geduld. Sy sou saggies neurie en net om haar stem te hoor, was genoeg. Ek dink tant Sannie
het dit so beplan, of dalk was dit Babsie my ma, voor haar sterwe. Die belangrikste jare in die opvoeding van kinders is die
eerste vyf jaar. Dit is waneer hul instinktiewe persoonlikheid vorm. Ek was ´n vreeslike skaam outjie omdat my swart
ma my so geleer het. Dit was beter om uit die oog te bly. As jy verkeerde aandag trek, moet jy moeilikheid verwag.
Dit is ook ‘n kat- einskap om aandag te vermy, uit die moeilikheid te bly en onafhanklik voort te gaan sonder om bande
te vorm.
Wonnie in 1944 |

|
Vreeslike skaam outjie. |
Aia het my geleer: "Moenie
na mense staar nie." Jy behoort hul blik in herkenning te ontmoet en dan beskeie grond toe te
kyk om konfrontasie te vermy. “Daar is mense wat net tevrede is met die dood, as 'n hond durf waag om hulle in die oë
te kyk.”
”As die rinkhals jou weg versper,
loop 'n groot draai om haar te vermy, miskien is sy ‘n moeder wat haar kinders oppas, net soos die koei met haar
kalf wat vermy moet word, want 'n moeder sal jou doodmaak as sy dink jy bedreig haar kinders." Mens is net bang vir
dinge wat hy nie ken nie. Insig verwyder die vrees - dit is 'n boomtak wat raas teen die sinkdak.
“Ken en verstaan die rooimiere en hulle sal jou nie byt nie. Kyk voor jy sit en wees altyd bedagsaam, en wees altyd baie wakker vir wat om jou aangaan altyd gereed.”
Dit was sy eerste
ondervindinge – “om die natuur van dinge te verstaan en insig te soek” – en dit het ‘n lewenstoewyding
geword. Vonnie het grootgeword en niks gevrees nie, want daar was twee persone wat hom in
sy kleintyd nooit uit die oog verloor het nie – al het hy in die hoë grasse of mielielande verdwyn – ‘n
fluit of ‘n roep het altyd rigting aangedui.
As daar gesê word: "Hy praat snaakse Afrikaans"
is dit omdat dit die moedertaal is wat die aia hom geleer het; die beste wat sy kon. Hierdie herhinnering bly al vir
vyf en sewentig jaar bewaar. 'n Ander belangrike feit is dat mens nooit jou moedertaal vergeet nie, want dit is die taal wat
mens jou lewe lank gebruik om in te dink, en mee te redeneer en te defineer. Dit is die inhoud van die woorde wat
mening gee.
Die binnestem is jou gewete wat in jou moedertaal
tot jou spreek. Mens kan van kleinsaf leer om oorbeskeie te wees - as die aia jou oë toehou, sodat jy jou nie
na die afgryslike staar en die beeld sodoende in jou brein ingegraveer word nie – net ‘n blik is genoeg, al loer
jy deur haar vingers om meer te sien.
En ek hoop my familie sal my vergeef as ek sê: “ ‘n Swart
vrou het my grootgemaak en my my moedertaal geleer.”
En laat dit so geskryf staan, dit is die taal
wat ek onthou en nou hier skryf. Die ou gesegde omtrent "the hand that rocks the cradle” is waar. (Na vyf
en sewentig jaar - van uit Sentraal-Amerika.) Ouma het gewaarsku “Die mense (Marie) praat van die wit kind wat saam met die werkvolk woon.” En so was die wet vanaf daardie
oomblik: “Die stad waar die swart volk woon is verbode.” "Yebo Nonna" sou die aia antwoord. Dit was die begin van apartheid in my lewe.

Ouklaas, oom Giep en tant San het op Boksburg gewoon. Tant San
was haar hele lewe met kinderwelsyn besig. Sy het selfs in haar 50’s as advokaat gekwalifiseer om kindersake beter te
kon hanteer. Ek weet dat sy baie jammer vir kinders was en dikwels ook vir Vonnie en Boetie, wat sonder ma’s moes regkom.
Miskien het sy vir Selina se dienste gereël. Wat ek wel onthou is dat hulle ’n manlike bediende gehad het (’n
verfynde “Blantyre”) wat as ’n kok en “butler” gewerk het.
Ek het haar net so ongeveer
drie keer gesien – een keer het sy my twee hande gevat en iets gepraat van Babsie my ma – Ek was so oorweldig,
en het net gelet op haar persoon, hoe sy haar nues vir 'n oomblik kruekel – ek kon sien haar lippe vorm woorde,
maar het niks gehoor nie. My indruk van haar was een van ‘n magtige persoonlikheid
of ‘n aura van 'n alfa persoonlikheid. Later jare was sy vrederegter. Deur die jare was ek 'n bewonderaar, en het haar
kiekie soos ‘n skat bewaar– om hier langs te vertoon. Sy was ook ‘n invloed wat ek later jare in meisies
gesoek en herken het.
Hier wil ek heil
bring aan oom A.G Visser wat alles so trefend reg gesé het, asof net vir my, en
nou in my oudag skaamloos moet bevestig - I am the making of the hand who rocked the craddle. Ek
wil hier eerbring aan die moeder wat my opgebring het, met soveel bedagsaamheid, toe ek so klein was, altyd naby.... Kom
ons noem haar Aia sonder naam.... Vonnie onthou, baie dankbaar en voel nie skaam om dit te sé nie..Eerste wet in al die volke - "eer die moeder wat jou so liefdelik groot gemaak het".
AMAKEIA In die skadu van die berge, bos-beskut aan alle kant, staan
alleen die hartbeeshuisie op die grens van Kafferland. . Saggies neurie Amakeia op die wal van
Kei-rivier, tot hy slaap, die tere wiggie van die blanke pionier:
|
“Stil maar, stil maar, stil Babani; kyk hoe blink die
awendster. Niemand sal vir kindjie slaan nie stil
maar, al is jou Mammie ver.”
|
Amakeia had belowe toe haar nonna sterwend was om die hulpelose kindjie tot hy groot was, op te pas.
Liefd’ryk sorg sy vir die wit kind, tot vir hom die lewenslig straal uit aia Amakeia’s vrind’lik-troue swart gesig.
In die
Amatola-klowe sing nog net die winterwind deur die riete in die maanskyn: “Tula
– Tula – stil, my kind!”
|
Trekker en dorsmashien |

|
Dors - een keer per jaar. |

Oupa het allerhande
ander saad saam met die mielies geplant, soos byvoorbeeld boontjies, pampoen en sonneblom. Ek het my lewe lank altyd saadjies
geëet. Miiskien is dit daarom dat ek vandag sonder tande is. In die winter is die pampoen opgekap
vir die beeste, en pampoensaad en mielies gebak oor die vuur. Net een keer het hulle
blou rape en kool gesaai vir die winter. Twee ossies het gevrek met rape in die keel. In daardie jare het ons met osse geploeg.
Petrus het met die osse gepraat en elkeen op sy naam geroep. Die sweep is aan 'n lang bamboespaal vasgemaak. As dit
nodig is, is 'n rapsie op die boud uitgedeel.

|
Oestyd was altyd die grootste verasing. |
En as die sweep in die lug begin klap, weet die voorosse
en begin na die ander kant draai. Daar was veertien osse om die ploeg te trek in die Sandland, maar die Swartland het 20 nodig
gehad. As Petrus wou stop, het hy “HoooKaaaai” gesê met 'n stem
wat val en almal sou stop om te rus. Onodig om te sê, het ek alles gekoggel, en die lekkerste van
alles was om op die ploegstert te ry en te kyk hoe die skare die grond omgooi. Die skaarpunte wat Oupa gemaak het,
het in die son geblink. Die reuk van vars geploegde grond is een van my mees waardevolle herhinneringe. Allerlei voëls
sou agter die ploeg loop en die tarentale het 'n fees gehad en geskrop dat die stof so staan.
As ek aan ouma Bettie dink, sien ek haar met ‘n telefoon in die hand. Sy was geplant
in 'n groot stoel met armleunings en ‘n kopkussing, alles bo-oor ‘n slopemmer gebou wat Oupa persoonlik
elke oggend leeggemaak en gewas het. Sy het op haar troon gesit net soos Queen Victoria. Vandaar het sy haar wêreld
regeer. Ons het in daardie jare ‘n plaaslyn gehad met ‘n slingerfoon: een draai was kort en twee draaie lank.
Ons nommer was drie kortes – maar Ouma het al die oproepe geantwoord en gewoonlik het sy nie gepraat nie, maar net geluister.
Sy het presies geweet wat in ons gemeenskap aangaan. Sy het gereël dat die oesmense almal dieselfde dag opdaag en begin
oes of dors. Alles is met die hand geoes. Die dorsmasjien het soos 'n enorme staalmonster gelyk. Dit het vir my van my die
belangrikste en mooiste herhinneringe nagelaat. Ek het dae spandeer soos ‘n outistiese outjie om gehipnotiseerd te kyk,
en het verstaan hoe die belde, ratte en kettings gedraai het. Siwwe het telkens kleiner en kleiner dingetjies
verwyder, tot alles geskei is in kaf en graan, met mieliestronke wat ons in die winter in die vuur gebruik het.
Boksburg |

|
Ouma Bettie von Wielligh |
Ouma Bettie was altyd op die
foon betrokke in onderhandelinge oor kos - miskien die rede vir haar obesiteit en uiteindelike dood. Dalk is dit versoorsaak
deur die swaarkry in die Boereoorlogsjare in Tarkastad. Tydens die Tweede Wêreldoorlogsjare het geld
nie bestaan nie. Daar was net Oupa se pensioen, hoenders, skape, varke, en graansaadbossies, met kasterolie en aalwyn
vir Vonnie. Sy het ‘n lang “spens” gehad, wat sy toegesluit gehou het, met rakke
vol konfyt en ingelegde vrugte. Daar was ook altyd bossies hangend van 'n blou draad gespan om uit te droog, boerewors en
lekker biltong wat Oupa vir my in blaardun strokies gekerf het. Ouma het altyd vermaan: “Moenie so
baie rou vleis eet nie, jy sal ‘n goor maag kry,” wat nooit gebeur het nie. Die spens en kombuis was ‘n
avontuur van reuke en geure.

Daar
was wildsbiltong, wat wit en sag word as dit droog is, en so lekker as mens dit met die hand kon breek en eet. Daar was
ook baie blikke vir die rooi tee, naeltjies, anys, borrie, peper en groot sakke growe sout. Ek het natuurlik aan alles geproe.
Sy het die vrugtebottels met gesmelte bywas en kersvet geseël. As die “tape” opblaas beteken dit dit gaan
suur word, en sy sou dit weer steriliseer in 'n pot met kokende water. Saterdag was baddag, en die groot seeppot vol water
is warm gemaak. Almal sou bad en ek was altyd die laaste. Die water het sulke skiwwe opgehad wat bo-op dryf, want dit
was harde water wat nie skuim nie.


|
Stil oomblik |
Daar was altyd die lekkerste kos - veral toe die ander vrou opgedaag het. Stiefma Susanna Johanna Boshoff - Sannie
– het van 'n groot familie naby Nylstroom gekom. Niemand kon lekkerder koeksisters maak as sy in daardie kontrei nie.
Daar was 'n klomp outjies op hulle plaas en hulle het almal skaak gespeel. My ma het my mos ook geleer speel. Ek het dikwels
op Goedehoop skaak gespeel. Sy kon dit nie verdra as ek haar wen nie, dan sou sy kul en die spelers skuif. Ek het maar
gemaak asof ek niks agterkom nie, want anders sou sy ophou speel. In daardie jare het hulle ook Ludo gespeel. Ouma het
towerwoorde met die dobbelsteen gepraat, en agelaaim magelaaim – ses gesê. En dit kom dan ook
op ‘n ses uit. Ouma Bettie het nooit verloor nie.
Ma San – die ander vrou, was mos in eerste minister Strydom se kombuis betrokke
gewees. Ek was 5jr oud. Met haar eerste besoek was ek so skaam dat ek onder die tafel weggekruip het tot almal weg was. Van
kleins af was ek ‘n baie skaam, outistiese outjie. Ek kon dit nie verdra om vreemde oë te ontmoet nie, net soos
die aia. Ek dink miskien die woorde "moenie in die lig staar nie" het ontstaan as gevolg my weersin in starende
oë. Jare later het ek en Pa baie gepraat oor oë, die vensters van die siel. Gevolglik onthou ek nie gesigte
nie - net die inhoud van oë wat later name kry, byvoorbeeld leë oë, starende oë, gulsige oë,
lustige oë, geslepe oë, vermydende oë, skelm oë, wakker oë, en oë wat niks ontgaan nie.
Sondae na kerk was daar altyd besoekers wat met hul perdekarre aangekom het. Ouma het met haar foon daarvoor gesorg. Dit was ´n groot middagete met borriegeel
rys met rosyntjies en oondgebakte vleis met aartappels. Nagereg was ingelegde vrugteslaai en die heerlikste vla, en ons het
altyd baklei oor wie se beurt dit was vir die velletjie bo-op die vla.

|
Die huise van die Reenboog Manetjies |
Maandag was wasdag.
Groot bondels klere is in die linnelakens toegerol. Ouma het Emma en Selina soms vergelyk met "Naomi en Rut:
“Hulle werk altyd saam, en een van hulle kom van 'n ander land." Ek word geabba, en hulle het
mekaar gehelp om die bondels op die kop te laai. Ek het opgestaan in die rugslinger om oor die aia se skouer te loer. Ons
sou met die voetpaadjie afsit spruit toe - die paadjie wat nooit ophou nie. Uiteindelik het ons by die sandsteen-klipbank
aangekom. In die klip by die waterwal was ‘n holte wat sy met die skottel gevul het. Vonnie kon heeldag in die
water speel, tot sy vingers se vel begin kreukel het. Die lekkerste van alles was die sagte rivierwater wat heerlike skuim
gemaak het wat blink in die son, in sterre van kleure. Soms as hulle die klere so teen die klip geslaan het, sou
‘n groot seepborrel ontstaan. Die wag vir die borrel om te bars en ‘n druppel te vorm wat op die grond val het
oneindig gevoel. - Dit is 'n oomblik in die ketting van tyd..
Hulle het met die klere en linnelakens gestoei. Elkeen het ‘n kant gegryp en hulle het gedraai, oopgemaak en
weer gedraai tot die water skoon afloop. Wanneer hulle die nat lakens oopmaak en skud het dit soos ‘n donderslag geklink.
Die druppels wat so opstyg het die moeiste reënboogkleure gevorm wat saam met die mis verdwyn het. So uitgestrek is die
linne dan op die rooigras in die son uitgelê om droog te word. Dit was nie eers nodig om die lakens te stryk nie. Sekere
items het hulle met styselwater behandel, soos tafeldoeke en Oupa se boordjies. Emma kon dit perfek doen sonder om die materiaal
te brand. Ouma het mos haar eie seep vir die hele jaar gemaak in die groot swart seeppot op ‘n mieliestronkvuur. Die
seep is ook in die spens bewaar – in die droogtetyd het die rotte in die huis gekom en was so honger dat hulle die seep
gevreet het. Ek het nooit uitgevind of hulle dit oorlewe het nie.

Oupa het looikuipe in die sandsteenrots gemaak om die velle te looi
met die wattelbome wat oral daar gegroei het. Die klein takkies is almal skoon gestroop, met baie van die dik bas gestort
in die kuip. Dan is dit met ‘n groot, swaar paal gestamp met bietjie water sodat dit nie spat nie. Uiteindelik het die
velle en wildsvelletjies ingegaan. As mens sagte rieme wil hê moet dit gesout bewaar word. Die sout het die water uitgetrek
en die velle het nie uitgedroog nie. Alles is met die paal ondergedruk en vir ‘n tyd so gelaat. Duikervelletjies het
die fynste en sterkste riempies gemaak - om met die naald te werk, asook vir die punte van die sweep.


|
Skool jare. |
Dit was in hierdie tyd dat hulle die oorlogskrygsgevangenes verwag het. Oupa, Petrus en Boeta het gou
‘n rondawel gebou met vragte klip van die kwarrie, en dagga van die Swartland. In die oorlogsjare kon mens byvoorbeel nie kalk,
sement of spykers in die hande kry nie. Hulle het die dak van besemgras gemaak wat in die vlei gegroei het. Die rondawel was
my wegkruipplek. Lank na die Italianers al weg is, het dit die plek geword waar die melk van die room geskei is. Baie jare
later het ek as student in ‘n rondawel in die hart van Pretoria gewoon - in Kerkstraat reg voor die Union Hotel by die
Uniegebou

Ook in hierdie tyd het JL al die vee verkoop om die John Deere te bekom. Hy het Abraham in
een dag leer bestuur. Abraham was mos 'n kaffer van die noorde wat die Jood aan Pa verkoop het. Hy het dertig jaar op Goedehoop
gewerk. Ek het hom laas gesien met ‘n wit kop, nog altyd met ‘n glimlag op die gesig. "My kleinbasie Vonnie,"
het hy my genoem. Hoe wens ek vandag ek kon hom 'n drukgroet gee – ek is steeds dankbaar vir sy geduld om my alles oor
die trekker te geleer het. Ons het vier saailande gehad: die sandland, die oorkantste vaalland, die land by die grafte, en
die Swartland, wat swart kleimodder gehad het. Wanneer die modder uitgedroog het, het dit kliphard geword, die grond het oopgebars
en die gras het gevrek. Die Swartland was op ‘n hoogte wat afloop vleie toe. Die vleie was begroei met harde graspolle
wat eilande met modderige paadjies gevorm het. Dit was mos die oog van die water en mag nie verstoor word nie.
Jare later het ek die wilgerbome daar geplant. Deur middel van Google maps kon ek onlangs bevestig dat hulle nog daar staan.

|
Kempton park Lughawe. |

|
Goedehoop, Bethal |
Ongeveer in hierdie tyd het ek en ma Sannie 'n
ooreenkoms aangegaan. Ek het bene bymekaar gemaak en sy het dit ingeneem dorp toe, na Bethal. om aan die slagter te verkoop.
Met die geld het ons 'n bokskamera gekoop om foto’s mee te neem.
Dinoflagellates |

|


Naskrif: - Hier in Sentraal-America is familiebande
baie belangrik - om eer te bring aan jou ouers, en liefde en respek vir die oues van dae te betoon. Ek is nogal bekommerd
dat ons von Wielligh-naam gaan uitsterf. Ek wonder of daar meer as 100 von Wiellighs oor is wat nog kan voortplant. Hier in
Sentraal-Amerika word die pa en die ma se name oorgedra. Die probleem in Suid-Afrika is dat vrouens hul vanne verloor. Hier
was my volledige naam, Johannes Lodewikus von Wielligh le Roux, te lank en lastig. Die hele wêreld het my net Von genoem.
In Japan was dit Bon. Hier in Sentraal-America is La Von my noemnaam. My ID dokument meld ook Von. Ek moes
my besigheid van my persoon onderskei, "Die Von" van “La Von”. Toe het die Internet begin.
Die naam lavon was reeds geneem en toe maak ek dit lavonn.com.
Pa wou weet waarom ek die “JL”
weggegooi het. Ek het die voorafgaande verduideliking aan hom gegee - en bygevoeg “om liewer nooit die JL naam in die
skande te bring nie”. Hy het toe gesê: "Dit is waar - elke man moet by sy naam staan en
'n woord hê - joune is Vonnie."
Matrik Hoogenhoud Hoerskool 1958 |

|
Wonder wie onthou |
Trug na die begin van die Blaai.
graad een Bethal laerskool |

|
Hieronder volg Vonnie se eerste foto’s van
die plaaslewe. Ek dink die meeste
spreek vir hulleself. Onthou in daardie jare was daar nog nie kleur nie, net swart-en-wit kiekies.Verder
onder - Vonnie se foto’s van die plaasjare.
Fotos van Wiekus in daai jare - voorheen het hulle hom net
JL genoem - 'n naam wat verbonde was aan sy woord - "jy moet by jou naam staan, 'n woord hé, jou handtekening,
"En jou handskrif is 'n spiel van jou wese."
Wonnie fotos van sy Pretoria jare.
|