‘n Mens moet in aanmerking neem die Boere het maande en jare lank met hul perde geleef - dag en nag. Oupa het
my vertel van die mooiste en slimste perde wat hy in sy lewe gesien het. En van die boodskappers wat inkom – wat
hul perde harteloos dood gery het. En dan was daar die Engelse met hul rooi perde. Dit was oorlog; die uitdaging
was om die Engelse se perde af te neem, vernaamlik die trekperde, en Oupa was 'n meester op die gebied.
droomperd
Die Engelse het al die Boere se osse afgeneem
om te eet, of net doodgeskiet, want die osse was te stadig vir hul gebruik – en dit is wat met Cronje tydens sy vlug
gebeur het - en hy gee oor, met 3500 gewapende man.
Oupa het gesê, as ‘n mens
loop of kruip kon jy nie eers naby die perdekraal kom voor die diere onrustig raak en die wagte se aandag trek nie - met
die mees gevrese woorde "Who goes there" . Gewoonlik was die kraal in die middel van die kamp.
Sittend op jou slim perd, kon jy egter vrylik tussen hulle beweeg, hy verstaan wat aangaan en stap rustig na elke
halter riem om ontknoop te word, hande nodig om almal aan mekaar vasmaak, voorloop en dan die string weglei sonder 'n
geluidjie. Veel later sou ek verstaan as ek gesien het hoe hy en sy perd al die hekke op die plaas behendig oop - en toegemaak
het sonder afklim, met bevele wat van binne kom sonder om sy mond oop te maak of woord te sé - perde taal
praat .
Sy oorlogsheld
was generaal Manie Maritz wat altyd ontsnap het en nooit opgegee het nie, en uiteindelik met ‘n handvol manne ontsnap
het na Europa via Suidwes-Afrika. Later kom hy trug wil nie teen duitsland veg nie was in die rebelie van 1914 betrokke en
weer in probleeme in 1939 toe hulle hom verongeluk het reg voor die Pretoria se tronk in 1940. Ek onthou oupa het sy verbode
boek “My lewe en strewe” weg gesteek in die doble bodem van sy klerekas. En
dan was daar ook die generaal wat die agterosse, wegkruepers en vlugtelinge met die sambok in lyn gebring het.
Oupa het ook verwys na die kanonperde. Dit was
die pragtigste groot, sterk perde, wat heeldag kon trek aan die swaar ysterkanonne, en nie moeg word nie. Hulle het dik ysterskoene
aan hul hoewe gehad, en elke poot had lang wit hare wat tot op die grond gehang het. Eendag het ek die mooiste van almal gesien.
Dit was ‘n wit en swart perd. Ek sien hom steeds in my drome as hy so pronk met sy lang, wit maanhaar wat waai
in die wind. Baie jare later sou ek uitvind dat dit ‘n swart en wit Clydesdale was.
Swart en Wit Droom Perd
Amerikaanse Rooihuid Perd prent
In my verbeelding sien ek die volgende beeld
soos in die tekening hierbo, soos wat die Noord-Amerikaanse Rooihuide het. Deur die jare kom ek so nou en dan steeds af op
‘n mooi perd af, en ek dink dan altyd:
Dit was die geval met hierdie porseleinperdjie, handgemaak. Ek wens Oupa kon dit nou sien – hy sou
daarvan gehou het en ek weet hy sou dit regtig vreeslik geniet het, en met sy vingers gestreel en geliefkoos het.
Clik om in GROOT te sien
Dit is die tawe Franse perdtjies
Hy het baie genoem van die grys perde
wat die Franse het. Tawwe pertjies,
met baie uithoudings vemoe.
Eintlik kom hulle oorspronklik van die arabiese perde wat woestyn omstandighede ken.
En as
die golwe so slaan op die strand laat in die nag
Klink dit soos "die
donder van perdehoewe" wat verbystorm op die strand.
En as hulle oor die klipplaat jaag slaan die vonke van hulle
beysterde hoewe af."
Mooi perde speel op die strand
Soos voorheen genoem,
toe ek klein was kon ek glad nie
perd ry vat nie.
Ek het tussen Oupa se bene op
die saal gesit.
Die skommelry het my maag op ‘n knop laat trek en ek word
naar
en het opgegooi, kort-kort,
die hele dag lank.
Blou in die gesig het ek altyd gewens ek was dood
Dit het vir Oupa
baie leed veroorsaak, omdat hy daarvan gehou het dat ek hom vergesel. Ek het egter nooit aan hierdie skommelry gewoond geraak
nie, alhoewel ek later, baie jare op see deurgebring het. Ek moes net leer om met deursettingsvermoë dit te oorleef.
Vandag is daar natuurlik pilletjies.
Eendag het ek op die beeld hieronder afgekom,
en ek het net geweet; dit is nou Oupa se droomperd wat hulle moes "opoffer in die naam van oorlog"… En
ek wonder wat sou hy sê as hy digitale TV-beelde kon sien, wat dinge wys asof ‘n mens “daar”
is.
dit is nou oupa se droom perd, selfs mooier as sy beskrywings
Oupa Klaasie
sy Voorouers. Vervolg hier
Nicolaas von Wielligh en Martha Maria Retief
.
.
Nicolaas 1780 het een seun by Bettie Theunissen
gehad, Nicolaas (1833 – 1907).
.
.
.
.
.
Hy is met Martha Maria Retief getroud, dogter
van Gideon Retief (wat ’n broer was van Piet Retief).Hulle het 5 seuns gehad: Nicolaas 1853 (ons
Oupagrootjie), Gideon Retief of GR (1859), Philippus Albertus (Flip) (1863), Marthinus,Piet Retief (Piet).
Nicolaas von Wielligh 1853 met Wentzel
Nicolaas 1853 was weliswaar die eerste
Nicolaas von Wielligh in die Transvaal maar dit sou nie reg wees om hom Nicolaas 1 te noem nie. Dié eer kom Nikolaus
toe wat in 1705 by die Kaap aangekom het. Ná hom was daar ’n hele klomp Nicolase:
Nicolaas het op ouderdom 30
van die Kaap na Transvaal toe getrek, as Voortrekker omstreeks 1883, en op die plasie Driefontein eerste
familie plaas naby Boksburg gaan woon. Een van sy bure was Wentzel en hy is waarskynlik met dié se
dogter getroud wat verklaar waarvandaan die name Christiaan Lodewicus Wentzel in die familie ingekom het.
As ’n mens kyk na Nicolaas 1853 se dogters met name Maria, Elizabeth Jacoba en Martha Maria, dan het hulle Ma (Wentzel)
waarskynlik een van dié name gehad.
Nicolaas von Wielligh 1876 met Elizabeth Hatting.
My Sterk Oupa - Klasie von Wielligh
Nicolaas von Wielligh. Gebore 1876 en oorlede 1959.
Eintlik was hy maar ‘n klein outjie, "die stofpoepertjie van die familie," het Ouma gespot.
Ek was so
trots op "my sterk oupa". Die naam kom van die tyd toe ons doringdraad-grenslyne gespan het. Dit was ná die oorlog en
draad was weer beskikbaar. Dit was my skoolvakansie (Miskien1947 - wintertyd ). Ons het die stootwaentjie
met ysterpale en draad gelaai. Ek onthou ook die seil-watersak en warm koffieglasbottel in 'n warm kombersie toegedraai
om my hande warm te maak. Ons is trekkend, stotend en rustend veld toe. “Om iets nuttig te doen vir hierdie dag.”
Ek het die ysterpaal reguit vasgehou, Oupa het op die trapleertjie geklim en ingeslaan. Elke hamerslag het gepaardgegaam
met ‘n geweldige blaf, wat ontplof het deur sy baard en weerklink het tot onder in die vlei - die lekkerkry
met elke slag. Die paal het ‘n voet of twee gesink, en die aarde het gebewe. Ek was trots en beïndruk
om saam met hierdie geweldige persoon so ‘n belangrike taak te verrig.
Nicolaas 1876 troue
Veel later was ek as "ystersmid"
- Artezan met vuur en yster – deel van hierdie skeppingswerk. Baie jare later tydens my omswerwinge het ek op ´n
klein eilandjie met die naam van Nippon afgekom. Tot vandag bestaan daar geen vergelyking in die kuns van staalwerk
soos Amakuni se Samurai-swaarde nie. Ek haal my hoed af vir hierdie meester met staal - wat honderde jare voor ons die
kuns bemeester het .
Krisjan en Klaasie von Wielligh
Tweeling Broers
Oupa en sy tweelingbroer Krisjan was altwee meesters met yster en vuur. En so nou en dan het hulle
bymekaar gekom en die mooiste dinge soos ploegskaarpunte, groot hekskarniere en wabande gemaak. Alles het my geweldig
beïndruk, veral wanneer die vonke so spat met die eerste donderende hamerslag as die yster smelt en gesmee
bly. Een hou vas en merk met die klein hamertjie terwyl die ander een slaan, en alles val in plek sonder woorde. Wonnie
was die outjie wat die blaasbalk draai, en stadiger draai, of vinniger draai - en nooit nooit ophou draai nie. Uiteindelik
sou ‘n oomblik aanbreek om te rus. Ons het almal op die boomstomp gesit en Oupa het sy knipmes uitgehaal en vir
my ‘n lemoen geskil om te suig. Die twee broers sou dan ‘n lang reis beplan - om materiaal te gaan haal.
Dit het beteken yster, kole, antrasiet, “coke”- en natuurlik hout. Daar was nie bome in Bethal
se omgewing in daardie jare nie. Al die geplante bome soos bloekom, wilger, en populier is as slegte hout beskou.
Die regte hout soos kiaat het van die Laeveld gekom. En moes daar gaan haal word. En dan was daar natuurlik die ingevoerde hout van Suid-Amerika
en konifer (pine). Dit is gebruik vir tafels en huismeubels. As mens die hout skaaf en dit sis so as die skaafsel oprol om 'n gladde vlak
te los… Aaa, die reuk van vars geskaafde hout! Alles kristalhelder herhinneringe.
My oupa grootjie Hatting en Klaasie von Wielligh
By die huis op die hoeveld wat hulle net klaar gebou het.
Hier verskyn Klasie en sy skoonpa by die
ou kliphuis wat hulle gebou het, met die bloekoms in die agtergrond. Oupa Klasie het baie bloekombome geplant. Later
het dit in enorme groot bome verander, waar die tarentale saans kom slaap het as dit skemer word,. Net een swart
wattelboom langs die huis het wortel geskiet en het later ook in ‘n reuse boom verander, vol duiweneste. Die boombas
is gebruik om die leer te looi. Hy het baie met leer gewerk en het vir my die lekerste skaapvel-handskoene gemaak. Van elke
vrugtesoort het ons een boompie geplant. Een appelkoosboom en ‘n sagte peertjie was my mees gesogte vrugte. Baie jare
later het ons ook ‘n klomp sipresbome om die huis geplant. En later, toe ek al groot was, het ek ons eie wilgerbome
in die vlei geplant. Ons het die groot takke op Ben (sy ander broer) se plaas gaan haal. Weerlig het die boom
later getref en hom van bo tot onder oopgekloof.
En My Ouma Bettie het die triestigste oé gehad
Hy het
in die ry met sy perd gesels soos mens met ‘n ou vriend praat - maar het nooit sy naam genoem nie.
My ponie se naam was Appeltjie - ek het hom nooit gery nie.
Ek word mos vreeslik seesiek. Later kon ek ook nooit gewoond geraak aan die see nie, alhoewel
ek jare op see deurgebring het tydens my matroosjare.
Ek onthou die Tweede Wêreld-oorlogsjare as skaars jare. Kos het duur geword. Daar was geen kole vir die
vuur, geen yster, meel, suiker en koffie nie.
"Alles
gaan vir die magte wat die Duitsers dood veg."
Let op, ons ouma was bleskop
Klaasie en Bettie met Quartus en Wikus
Oupa Klasie maak toe die stootwaentjie met
lang arms, om tef te saai. En hy saai ses treë wyd met elke stappie. Later oes hy dit met die snymasjien wat deur
‘n osse getrek was. Tefsaad was groot geld - met ‘n paar sakkies kan jy ‘n plaas koop. Die hooi is
in groot miedens gepak vir die winter, sodat die reën altyd afloop. Hy het ook ‘n Senz gehad wat hy gebruik het
om om die huis mee te sny. Later jare het ek die Senz sonder die steel aangetref - in ‘n veldbrand omgekom.
En daar was die dissel wat hy van sy pa gekry het - die dissel wat die Hotnot se toon afgesny het. In daardie selfde
jare koop hy toe die Duitse radio met die platespeler. Daar was die pragtigste houtkas met deure, met die fynste
versierde hout. En die windmeule om die batterie te laai … Soms het baie dae verbygegaan sonder wind. Dit was oorlogsjare en nuus uit die moederland
was onmisbaar. Die Duitsers het die Boere van Mausers verskaf in die 1900-oorlog. Oupa Klasie het gelag van lekkerkry as Rommel
weereens die Engelse magte ontduik het, net soos Manie Maritz. Hy het nooit die Engelse vergewe vir wat hulle met die
vrouens en kinders in die konsentrasiekampe gedoen het gedurende die Boere-oorlog nie. ("Meer as 27,000 vrouens en kinders het gesterf")
. Daarom was
Engels in hul huis verbode om onaangename herhinneringe te vermy.
Click op die prent om in GROOT te sien
Ek en Boetie op die plaas
Die
nuus kom met die nuwe Telefoon – jy draai die slinger en praat. Ouma woon op die foon en praat met die hele
wereld, en luister in op die gespreke van die buure, wat die selfde lyn deel..En die hele dag maak sy tee van dinge vir haar
en oupa. Ouma Bettie het tee gemaak van die wilgerbas – vir hoofpyn. En dagga wortels vir die fleme en om
die bors droog te maak. Sy het gewoonlik ‘n lys gemaak. Wat sy aflees oor die foon en bestel by die koelie. Al die tee en dinge
wat oupa moet saambring van die koeliewinkel op Sukkelaar (die trein stasie). Eerste die Koffiebone, enbruin
suiker. In die oorlogsjare was dit die swart mark en die koelie winkel het altyd alles. Daar was Rooibos,
Swart Celon, Shinese Groentee, Bossietee, en Snuif.“en onthou die Kasterolie om Vonnie te ontwurm en die Bugubrandy”
En oupa kry sy perd reg en sit af winkel toe. Meer as alles, vir
die twak en vuurheidjies wat hy nodig het om sy pyp te kon rook.
Ek onthou die oorlogs-jare
as skaars jare – Kos het duur geword. Geen kole vir die vuur, geen yster, meel, suiker en koffie kan bekom word nie.
"Alles
gaan vir die magte wat duitsers doodveg."
Oupa Klaasie se broers en sisters
Von Wielligh familie
En ons kry die
wa reg vir die reis - net drie jukke met rieme en alles. Die wa se middelstuk is uitgehaal om sodoende ‘n klein waentjie
te word. Oupa het die tefsaad opgelaai en ander graantjies wat hy Sukkelaar toe moes neem om by die Koöperasie
by die treinstasie te verkoop. Drie honderd treë verder was die Koeliewinkel, wat gewoonlik alles aangehou
het. Die Koelie het die mooiste vrou en dogters gehad - altyd deftig, kleurvol en pragtig in sari’s geklee. Oupa
het eers vir my ‘n blikkie kondensmelk en ´n swart, sagte likoriesstokkie gekoop wat heerlik afgewas kon word
met koue water van die watersak.Dan het hy ook ´n sak bruin suiker, drie sakke mieliemeel en´n
sak bruinbroodmeel gekry. Ouma het die meel gesif met ´n sykous wat sy oor ‘n houtraam gespan het. Ons het
wit brood geëet wat verbode was.
Dit was ook in hierdie tyd dat Pa “die
ander vrou” in die huis gebring het. Ma Sannie het die kombuis oorgeneem. Aan die begin van my skooljare
het ons ‘n paar epidemies beleef. Dit was Duitse masels, hoenderpokkies, kinkhoes en poliomelitus. Ek moes
leef met ‘n knoffelsakkie om my nek. Dr. Vorster het die skool besoek om inspeksie te doen. Ek onthou dat
die skool vir ‘n week moes sluit. En ek onhou die keer toe Oupa se skape met die Engelse buurman Miller s’n
deurmekaar geraak het. Hy was mos 'n offisier in die Britse Mag. Hulle het ooreengekom dat elkeen sy skape roep en met hulle
wegstap. Iets wat hulle egter nie in aanmerking geneem het nie, was dat skape skape volg. Soos gewoonlik, het Oupa weer
aan die kortste end getrek - dit is toe dat hy besluit het om doringdraad te bekom.
Veldbrande het die weiding, tefmiedens en huis
bedreig. Ek onthou ook die keer toe dit gesneeu het, die haelstorms, die sprinkane, die kommandowurms, en die groot droogte.
Dan was daar ook die keer toe dit vir’n week lank sonder ophou gereën het en die voëls onder die dak op die
agterstoep skuiling kom soek het. Die vleie het oorstroom, en barbers en visse was oral. Boetie het teruggekom
met die kruiwa vol vis. Daar was twee barbers baie groter as hy - met hul lang baarde. Oupa het
gesê hulle swem stroomop, tot hulle nie meer verder kom nie, waar hulle dan eiers lê.
Veldbrande het die weiding, tefmiedens en huis
bedreig. Ek onthou ook die keer toe dit gesneeu het, die haelstorms, die sprinkane, die kommandowurms, en die groot droogte.
Dan was daar ook die keer toe dit vir’n week lank sonder ophou gereën het en die voëls onder die dak op die
agterstoep skuiling kom soek het. Die vleie het oorstroom, en barbers en visse was oral. Boetie het teruggekom
met die kruiwa vol vis. Daar was twee barbers baie groter as hy - met hul lang baarde. Oupa het
gesê hulle swem stroomop, tot hulle nie meer verder kom nie, waar hulle dan eiers lê.
Hy het altyd vir my gesê: “Moenie
kwaad doen nie - doen liewer iets nuttig.” Eenkeer het ek al sy staalbore - groot en klein - in die grond weggeslaan.
Dit was so lekker om hulle draaiend die grond te sien in gaan. Jare later het hy my misdaad ontdek met die bore wat toe
al amper weggeroes was. As die misdaad vreeslik groot was, kon hy baie kwaad word. Hy het deur sy baard ontplof,
omgedraai en met sy vinnige drafstappie weggeloop. Hy het woordewisseling so ver moontlik vermy en sou eerder ´n
klomp skape verloor. “Roep jou oupa vir tee - ek weet nie waarom is hy vandag so befoeterd nie!” Oupa
sou dan sy tee drink en glimlagend wegloop - rustig, met sy hande agter sy rug gevou.
Van die bure gepraat - ek moet hier noem - ons
het so nou en dan vir die Turke gaan kuier. Hulle het twee kersiebome gehad. Ek sou die rypstes uitsoek en my vol eet -met
pitte en al. Met hierdie besoekies was ek blootgestel aan Islam en ek onthou nogal baie redenasies - bv die wet van 'n oog
vir 'n oog - en Oupa wat vra "En as dit per ongeluk gebeur?" Dit was die familie Mahoonie - 'n broer en suster.
Hulle het twee kinders gehad. Die jongste het 'n gekloofde lip en verhemelte sonder 'n neus gehad. Ouma het altyd vir
my gesê - as jy nie jou neus skoon hou nie sal hy so af vrot. Pa het weer gesê dit is inteling se skuld. Ouma
het beweer dit is omdat hulle in sonde gelewe het.
Clik op die kiekie om in GROOT te sien
Die dag toe ons die "Klosie" gemaak, ek neem natuurlik die Foto.
Oupa het nie baie van mense of geselsery gehou
nie. As die besoekers hulleself begin herhaal was hy uitgekuier. Hy sou dan wegstap "om iets baie nodig te gaan
klaar maak." Die gaste sou aanbly saam met Ouma Bettie wat nooit ophou praat het nie. Ek het Oupa altyd gevolg
want ek was maar self ‘n skaam plaasjapie. Hy sou sag fluister: “Beter om iets nuttig te doen, as om na
hulle twak te luister.” Twak was die grootste woord wat hy gebruik het. Hy het nooit gevloek nie. Hy het altyd gesê
“n Sterk man het nie sterk woorde nodig om sy punt te maak nie.” As hy met mense moes deel was hy baie hoflik
en bedagsaam. As hy dorp toe moes gaan was dit omtrent ‘n regmakery. Dit sou begin met skoene skoonmaak, en klere regkry.
Hy het sy skeermes op die leerstrop langs die groot klerekas geslyp. Hy sou wydsbeen staan om beter in die spieël te
sien, in sy wit onderhemp met die leer kruisbande wat op sy knieë hang, en dan skuim met die skeerborsel aanwend.
Die geluid van ‘n skeermes op baard is steeds ‘n lekker herhinnering en bly my na al die jare by.
Hy het die mes op ‘n stukkie koerant skoongemaak,
wat hy later sou vou en weggooi. Dan begin hy met die ander hand (dit het my altyd beïndruk) die
ander kant van sy gesig te skeer. Klaar daarmee, sou hy die fyn gepunte skertjie neem en sy snor regsny om sy mond te onbloot.
Die grootste belediging, was om as 'n takhaar bestempel te Word - dit is 'n vuil, ongeknapte en verwaarloosde boer. Hy
het altyd met ‘n onderbaadjie, wit hemp met die boordjie hard gestysel en das uitgegaan. Hy was regtig fyn uitgevat
as hy en Ouma Sondag Nagmaal toe gaan. Die hele familie sou daar by die NG kerk op Bethal wees. Flippie, Oupa se jongste broer, het die perde
en karre opgepas. Hy
moes ook ‘n oog oor Vonnie hou, wat nooit kon stilsit in die kerknie, want hy het rooimiere in sy
broek gehad.
Kliek die Prent vir GROOT
Die Vic Alfa Stoet Boerdery
Met die vroue
was hy altyd baie ridderlik en bereid om te help. Hy het deure oopgemaak en gebuig sodat die dames eers ingaan en stoele uitgetrek
sodat hulle eerste by die eettafel kon aansit. Dan sou almal oë toemaak sodat hy die seën vir die kos kon vra. Daarna
sou hy begin om die vleis te sny en uit te deel. Hy het omgesien na die behoeftes van almal om die eettafel met die wit tafeldoek
wat mens nie durf besoedel het nie. En elke aand na ete was dit tyd vir“boeke vat”. Die familie-Bybel was die
enigste boek in die huis. (Behalwe die verbode boeke bv Joopie Fourie wat gevra het hulle moet hom nie geblindoek tereg stel nie – want
hy wil sy vyand in die oé kyk) Waar die Bybelmerk oopmaak sou hy ‘n paar verse vir oordenking gelees. Ons
sou omdraai en kniel terwyl hy dank vir die dag se gebeure uitspreek. En hy sou bid: “Mag ons strewe altyd ´n
bydrae tot U skepping wees. Gy zult ons niet verstooten. U Eigen Zoon Heeft tot uw troon den weg ons weer ontsloten."
Die Plaas Goedehoop Bethal
Lug foto van die Plaas Goedehoop na Klaasie
En Stiefma Sannie bid so. (soms het ek onder die indruk gekom sy
praat met Oupa).“Bewaar
ons, O Heer, van kleinlikheid. Laat ons groot wees in gedagte, woord en daad. Laat ons foutvindery vermy en waak teen alle
selfverheerliking. Mag ons alle skyn vermy en mekaar eerlik in die oë kyk sonder selfbejamering of vooroordeel. Mag ons
traag wees om te oordeel en altyd grootmoedig. Leer ons om ons beter neigings eerlik en vreesloos in beoefening te bring.
Help ons om nie gejaagd te wees nie. Om toe te neem in rustigheid, waardigheid en sagsinnigheid. Gee dat ons mag besef dat
dit die klein dingetjies is wat verdeel. Dat ons in die groot dinge van die lewe een is. Mag ons strewe om die groot menslike
hart te raak en te ken. En O Heer ons God, laat ons nooit nalaat om minsaam te wees nie, amen.”
Kliek vir GROOT
Oupa Klaasie se 5 klein kinders
Hier regs is Oupa Klasie se oorlewende kleinkinders.
Such as in Crystal Structures, Genetics, Chemistry as Perfumes, Pheromones.
In Ceramics there is attributes to fulfill many needs and temperatures
Imagine all the atoms in Metal Alloys. The Cristal structure of Steels, indestructible Yaws
tunneling in the hardest rock. day after day, our goal
"To Make them to last a Lifetime".
This is all future world of our Idrea - where ROV's and Bots do the things we can not - want not. Meaning
we have to create all these things under our control to fill the needs of the Living. Re-Creation is to Demolish this rock to start reassembling everything in a ordered harmonious way Atom for
Atom into Living Structures. Programmable and under control by the imagination
of the mind as an IDeal REAlity.
This
is the Cosmos of Life's Creation called IDREA