Daar was 'n paar skrywe wat my as kind baie beindrik het ek onthou nie die name vd skrywers nie Die eerste was "Briewe aan Jannie" Later ongeveer in 1950
"die siel van die wit mier" is die konigen Het
so deur die jare, aandag geskenk aan die miere, hoe hulle groet, praat en baadskape dra, hoe hulle boer, tuine maak, tonnels
maak, water soek, en in die kalahari skep hulle eilande van lewendes, en hier in die woud form hulle strome van lewendes wat
voedsel in neem vir die tuinmaak - en hoe die werkers wat die kinders oppas, die wese bepaal van die larva/persoon
dmv die voedsel wat hulle voed net soos die bye, met "royal gelly" Iemand het erens in die bybel gesé - "Kyk na die miere en hulle werke en word wys" - vandag deel
ek my huis met vyf mier spesies wat in my potplante en onder die vloer-teels woon - en ´n skrapse bestaan maak agv beperkings
net soos ´n kapsula van lewendes in 'n bioswere. Of liewer soos oom Eugene Marais gesé het - In daai jare het ons mos almal as oom en tanie aangespreek Eugène Marais word erken as die vader van Etologie – dit
is die wetenskaplike studie van die gedrag van
diere Sy studies van termiete het
hom gelei tot die gevolgtrekking dat die
kolonie oorweeg behoort te word as 'n enkele
organisme, 'Na afloop van die saamgestelde
fisiese liggaam van 'n hoogs ontwikkelde diere soos die mens, In samesyn en organisasie is die sluitel van ons voort
bestaan - in harmonie met ons omgeewing Miskien moet mense ook dink omtrent die doel van sy stewe - en
volg die voorbeeld van die miere of bye.
. ek onthou so baie van Oom Joffie
v R se gedigte - van
hom gehou omdat hy die natuur lewe gee - soos die fluistering van die wind - sy werk was skaars in daai jare, net so nou en
dan verskyn in dia Brandwag, of was dit die Huisgenoot, sarie mare, of was dit uitspan - en hy sé
En die Skepper word verheerlik, Vir
‘n dag so skoon, en heerlik blou.
En die voëltjies sing in skertse toon, Mooier sing hul hierdie
dag, Want dit is die Heer se dag, en die hele veld vol Lewe, Almal dank die Skepper hoog verhewe.!
Om nou met vaste tred iets hoër na te strewe, Sodat die nut van ideale uitleef strek, En sodat jy jou plek inneem in hierdie lewe, Waarvan die groot vereiste is, om hard te werk. En verantwoordelikheid
toon

|
Boa boa boom met baie uitgekerfte beelde. |
Ons sing as ons bly is en sing as ons treur. Ons sing van die
lente en blomme se geur. Ons sing van die liefde en bande gesmee, Ja,
meer selfs as van onse leed en ons wee. Dan waarom so rusteloos
die windjie se gang? En waarom so treurig sy boodskap en sang? Kom leer die geheime
van sagte gefluister, Dat ons na die taal van die windjie kan luister. Wie van die mensdom verstaan sy gefluister? Ja, wie in die wêreld sal stilstaan
om te luister?
Ek droom van lente vreug, Die blye somer jeug, Want lente in my lewe Is my die hoogste strewe. Ont wakend bloei dit bly Tot liefde
ook in my.
Hoe pragtig lente kleure Met heerlik soete geure, Dit wek in my die dromer Van skoonheid
en van somer, Waaruit daar vreugde groei En liefde bloeisels bloei.
O Lente --- jeug vir my lewe So
skoon en o so bly, Bring waarheid aan my drome, En dek nou groen die bome Met blyheid en met vreug, O,
Lente, blye jeug!
MY TUIN VAN VERLANGE. Is daar iewers 'n boord of tuin .... Met die dou-silver oggend se koms. Waar die voéls
so blink ... In die bloekom se kruin Waar langbaard kabouters nog stilletjies saans. Met die krieke orkes in die
skadus dans. Is die blare so groen en die vrugte so soet En die kuile so blink in die middag se gloed. Is die berge so
blou ... En die vuurblom so ... rooi En die bloeisels so dik oor die aarde gestrooi. En elke bruin klip ... so
belaai met goud Soos toe ek 'n kind was .... En sewe jaar oud.
Kliek vir GROOT |

|
Vrugte so soet soos toe ek klein was, en 7 jaar oud |
En saans. As die gondel maan rooi oor die donker prieel. Vir my knipoog ... deur die blare speel Is daar nog 'n plek waar die geeste saans. In die kerkhof-sipprese se skaduwees dans. Op 'n neurie deun wat mens ver kan hoor soos die rou lied van 'n elwe-koor Is
daar nog diep in die berg se heup .... Die ou kasteel ... Waar die draak met die vuuroog woon. En trek die gepanserde ridder nog op Met die bloedrooi pluim .. op sy perd se kop Is daar nog die plek .. waar ek middae kan soek ...
Klik vir GROOT |

|
Kosmos blome ooral rond |
Soek na 'n skatkis in die tuin se hoek. Is daar nog die kuil tussen ruigte en riet Waar die blare galei oor die water skiet En
die ou truer wilger se lang hare ... met die water speel Die beeld op die water blad ... sien die spiel in die raaisel.
O neem my voor die veerman
kom Om my weg te neem
na die heiligdom Oor
die groot revier met die baie mis Waar die oorkant nooit bespuerbaar is o neem my terug na die wonder tuin
Dat ek hoog uit
die bloekom se lower kruin Ver kan tuur oor die land van gloed en
goud. Soos toe ek 'n kind was ... En sewe jaar oud.

Terugkeer. Die jong matroos kom met die mis Saam in die skemer stege op Hy treusel by 'n straatlamp voor hy aan 'n stam ou voordeur klop. Eers na die derde kneukel slag Skanier 'n venster langsaan oop 'n Stram ou kop met grys gesig Is in 'n tjalie toegeknoop. Juffrou Coetzee woon lank nie meer in hierdie kamers nie meneer Wat het jou laat besluit om so ontydig laat terug te keer Sy het elke aand op hierdie stoep Die mis sien opstoot uit die see Af en toe 'n seun dof weg sien slinger na 'n nag kafee En miskien net gehoop Sy't elke aand geluister hoe die skepe bulk daar in die baai En met die eerste skrefie lig haar lamp geblus en omgedraai. Maar een aand het 'n offesier Hoe lank gelede was dit nou ... Hier aan die deur kom klop Het 'n ruiker in sy hand gehou En een aand het 'n taxi haar kom haal
Maar sy het lank gewag meneer Totdat die mis verby was, voor die wit geboorte van die dag
Juffrou Coetzee woon lank
nie meer in hierdie kamers
nie meneer Wat het jou laat besluit om so ontydig laat terug te keer. Die jong matroos stap
met die mis Al
met die skemer stege op Hy
treusel by 'n lamppaal voor hy
aan 'n kroeg se voordeur klop Vir hom is liefde
soos stasies in die nag Of
ruigtes van asiel ... Die
rys is kort, 'n bedevaart van donker nag tot nag Waarin hy sink om weer verwek te word Hy weet om te vertoef is om te sterf En afskyd bly altyd ... 'n nuwe begin Hy weet om te gedy is om te sterf En elke vrou 'n wyle te bemin
29 - ou Vuilbaard se verhaal.
 |
Hier onder volg skakel inhoud
Pinkprotea |

|
skakel tot meer afr verse |
AMAKEIA ~ deur A.G. Visser In die skadu van die berge, bos-beskut aan alle kant, staan alleen die hartbeeshuisie op die grens van Kafferland.

Saggies
neurie Amakeia op die wal van Kei-rivier, tot hy slaap, die tere wiggie van die blanke pionier
“Stil maar, stil maar, stil Babani kyk hoe blink die awendster. Niemand sal vir
kindjie slaan nie stil maar, al is Mammie ver.”
Amakeia had belowe toe haar nonna sterwend was, om die hulpelose kindjie tot hy groot was, op te pas. Liefd’ryk sorg sy
vir die wit kind, tot vir hom die lewenslig straal uit aia Amakeia’s vrind’lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien
sy tekens, oorlog kom daar in die land: Snel die inval, huis en hawe uitgemoor en afgebrand. Selfvergetend, doodveragtend, met die wit kind op haar rug, na die Amatola-berge het sy ylings heen gevlug.
“Stil maar, stil maar, pikanienie; oor die bergtop rys
die maan. Niemand sal vir ons hier sien nie; môre sal ons huis toe gaan.”
Ag,
dat oë van verspieders ook haar skuilplaas moes ontdek! “Spaar hom, hy’s so klein nog,” smeek
sy met die hande uitgestrek.
Woedend tier die wilde bende: “Sterf
of gee die wit kind hier!” “Oor my lewelose liggaam …” antwoord Amakeia fier. “My belofte aan my nonna - beste wat daar ooit nog was - waar hy gaan, moet Amakeia saamgaan om hom
op te pas.”
“Is
jul lewend nie te skei nie, bly dan in die dood vereen - kort proses met haar, Maxosas,... laat die blink asgaaie reën!” * In die Amatola-klowe sing nog net die winterwind deur die
riete in die maanskyn: “Tula – Tula – stil, my kind!”

|
Soms sneew dit op die berge |
Stoere ou
berg. O berg jy wat daar uittroon bo bos en vlak Roerloos stil in die son gebak Saans verberg jy die son agter jou groot ou bak Nog 'n dag wat weg gaan vlug Jou
ou mantel is gebars geskuer Roofdier
en das loer daardeur So
slaap jy van dag tot dag
Von tuis in die berge |

|
Selfs in die grootste onheils
nag Slaap en rus maar
met jou krom ou rug Altyd
sal my gedagtes na jou toe vlug Waneer
ek sterf en ek is nie meer Bewaar
my verlangens en bede In
jou blou van my verlede
Click om GROOTER te sien |

|
Sy enigste pooging met waterverf |
So het die Lewens skepper
dit aan haar vertrou Die
vreemde saad diep in haar hart laat staan Dat sy ook eenmaal as moeder en vrou Met argulose liefde ... selfsug uit haar hart kan hou. en soos 'n eie skepper voort kan gaan om ewig aan sy wonderplan te bou. O mens so skoon so maagdelik rein Die roosboom in gods aardse tuin Aan jou is stil die diep geheim vertrou om onskendbaar aan Gods skeppings plan te bou van uit jou wese klein en swak Spruit telkens weer 'n nuwe lewenstak Wat hier op aarde wortel skied in menig sonde , smart en verdriet Maar
in liefde bly jy steeds jou taak volbring Tot in die laaste aand se skemering o vrou, so klein, so sag, so teer.
In jou leef steeds die weerglans
van die Skepper Se
dieper aardse ideaal Wat
stil vanuit jou oé straal As jy 'n kindjie saggies kus Voor jy hom neerlé in die nag se rus. Laat my as ek na my einde spoed In die laaste strale van my lewens gloed Net eenkeer weer die glans aanskou wat uitsraal uit jou oé,
edle vrou Jy was se ver in hierdie laaste jare Wat wyd en eindeloos om my duin Jy was die yl lied van vergete snare Wat uit die bleektes soms refrein
Click om in GROOT te sien |

|
Dit is hier in die bos van Sentraal Amerika |
In elke
tempel van die mens .... Het Hy
Sy eie beeldnes uit
gekerf Die
fors belyning van die spier. Die dominasie van die klier. Die drif tot sterk en naak regeer
Die uitdaging aan
die wind en weer Die
skoon begeerte om te baan. En sterk en naak orent te staan. Sy woord is Wet. Beteken Respek.

In elke kamer
het die vrou. Haar
eie beeldnes toevertrou. 'n Stilte
... teen die lug verskuil. 'n Klein
asiel om in te kuil 'n Plek
waar sagte rose pryk. 'n Ongebore ... drome ryk
'n Diep geslote ligroos kuil. Om naak en dromend in te skuil En Hy het aan haar die nag gegee Om haar trane af te vee.

|
Berge en weiveld erens in die kaap |
Ons moeder aarde. Ons moeder ken haar kinders goed Sy gee aan almal brood Die een bly steeds die ander voed. Die lewe voed die
dood wie ken die hart of sy geheimenisse van wat daar diep verborge is ... wie ken die vreugd ... die Pyn ... van eensaamheid ... die
diepe smagting ... na gemeensaamheid.
 |