our cosmos is life's creation

29 - ou Vuilbaard se verhaal.

Adivino
Cosmic Embrion V838 Monoceritos
Algo para la Imaginacion

As die Gees ons verlaat

Waneer jy dit die minste verwag verlaat jou Siel

1 - Hy glo dat die lewe

 ‘n vyfbiljoen jaar oue werklikheid is,

 dit wat die materie herskep

in ‘n ordelike vorm en

harmonie en kalmte bewerkstellig.

 En hierdie skepping

van die lewendes is die lewende god.

Dit moet aanhou

 tot al die materiaal verander is in die

 “dubbel heliks-struktuur" deur middel van die bio-logika. 

Die skeppende god is regtig lewendig.

 Die lewe is ‘n kosmiese energievorm met intelligencsie

 waar alles ordelik en liefdevol onder beheer gebring is,

 met lewensbewussyn, en intelligente redenasie wat ons die logika noem.

Harmonie resoneer soos goeie musiek - en jy moet weet waar jy inpas as doelstelling

En nou, op hierdie oomblik in tyd, luister hy na

Protea Blom
Protea

2 -  Schubert string cuartet. 10min. Ons trek die snare ons maak die musiek.
Beelde van die mooiste dinge op aarde beskikbaar met die vingerpunte 
en sy geliefde oom Ludwig met sy
my laaste harts begeerte
dat my skrywes - al  die suid afrikaanse jong geslag beryk
en veral die swartvolk wat afrikaans praat net soos ek - Ubuntu.
My wens, dat erens in hierdie blaaie,
  julle regtig 'n droom sal vind,
 om te glo.

Vuilbaard in daai jare
Lavon von Wielligh 85
Lavon von Wielligh 85

    Ou Vuilbaard  was op besoek in Suid-Afrika.
Na baie jare se swerf het hy in die jaar 1985 daar aangeland.
Hy het uit Costa Rica vertrek met die idee 
om ‘n toekoms in Suid-Afrika te probeer vind.  

unie gebou tuine
unie gebou tuine

 

Die ergste was om weer aan die verkeerde kant van die pad te bestuur.

In Pretoria, die jakarandastad,

sy geliefde stad,

het hy baie verlore gevoel

 veral sonder ‘n kar.

Alles het verander,

selfs die mense, vriende en familie.

Hy het sy ou verblyfplek besoek,

voor die Uniegebou in Kerkstraat,

waar hy in sy juig jare gewoon het.

 Dit was ‘n rondawel weggesteek in ‘n groot, beboste tuin reg voor die Union Hotel.

Escritos en Español

Sagitario
Sagitario
Aim for a star

 

Dit was eintlik sy eerste ondervinding in ‘n bewoude paradys  met Wisterias altyd in die blom;

 die mooiste natuurlike tuin reg in die middestad.

 hierby moet die unie gebou tuine ingesluit word

Hy spandeer sy juig jare in die mooiste tuine en natuur in die jakaranda stad

Dit was egter verpletterend om nou net hemelhoë sement-toring-woonstelblokke te vind.

Hy het daarna, na Visagiestraat geloop en was bly om te sien dat “Strewe”

(die bronsbeeld) nog voor die AJO-gebou  gestaan het.

Alhoewel vuil en verwaarloos

kon hy onthou hoeveel kere hy die beeld in bewondering betas het,

 wagtend vir sy meisie wat daar naby gewoon het.

jakaranda bloeisels
bloeisels van die jakaranda stad
 

Lelike oomblike is  soos die keer toe hy die verwaarloosde en verlate en boomloose Goedehoop gaan besoek het

soms is dit beter om dinge wat seer sal maak, te vermy, soos verwyte

want water wat verby is, sal die muele nooit weer maal nie

 vermy bande wat jy later moet ontwortel en verskeer -  net soos ‘n druk groet,  of afhanklikes,  opsy moet stoot – in die steek laat, dit is beter om  die  hartbreekende oomblikke te vermy.

Mens moet nie terug kyk, of in die roem van die verlede lewe nie

 dit is wáter wat verby is

Die oomblik is nou - en wat jy van nou af in die toekoms gaan doen

om jou droom te verweesinlik.

 

Hy het gou werk gevind by ASEA - die elektriese kabelmaatskappy,

 reg langs die BMW-fabriek. Gou het hy ook ‘n blou BMW 2000 bestuur,

 wat hy by sy niggie Judymarie (ou “JL” se dogter) gekoop het.

Met sy BMW het hy toe by al die familie

 en ou asters wat hy kon opspoor gaan kuier.

Hy het ook ‘n draai by Pelindaba en Murraystraat gaan maak.

 

Hy het verder by sy ouers in die Karoo gaan kuier.

Hulle het die familieplaas Goedehoop op Bethal verkoop

 in ruil vir die plaas sonder water op Jankempdorp.

Soos gewoonlik het hy sy mond verbygepraat,

want Goedehoop was sy turf as kind.

onthou sy herhinderinge toe hy klein was, en net 7 jaar oud 

Strookie boek strand
So ver ek kan net verbeel hoe dit nou lyk

 

Was nooit ‘n ou vir draaie maak om by die punt te kom nie. Soms kom dit voor as  gevoeloose verwyte en veroordeeling.

gebrek van medelye en vergeewing

Wat belangrik is, duersienende werklikheid.

En baie woorde wisseling en gesonde redenasie gaan verby, omtrent diep dinge, wat raak aan die hart,

want hy en Boetie (Nicolaas 1931)  

het reeds jare voorheen op die plaas Goedehoop, hul  erfporsie afgesê - met die volgende woorde.

"Nooit wil ek van die grond afhanklik wees nie,

 of toelaat dat eindomme of geld my bind nie".

 

Hy laat alles verby gaan

Alhoewel deel van sy hart en begin van al sy herhinderinge

 op Goedehoop Bethal gebore was – soos hy die eerste more ligstraal onthou

Sodat die jongstes van Ma San

 vir Pa Wikus kan help.

 En voort gaan met die  Vic Alfa Stoetboerdery.

Dit is waar Gidion Retief op die toeneel verskyn het met sy beroemde Marino skape

Want sedert daardie besluit lank terug het dinge relatiewe waarde verbonde met die

 "nou en hier".

Mens besit slegs die dinge wat jy kan saam neem vir móre se rys 

Die begin van die Aleenpa Verantwoording.

Die ideaal is om niks te hê wat ander mag begeer nie,

selfs nie eers geld of weelde wat jy op jou persoon dra nie

net ‘n kaartjie.

 Dit was die tyd van sy lewe gekenmerk deur puka halssnoere.

 Hy het halssnoere gemaak met die mooiste geslypte edelstene.

 As mens iets het wat ander begeer...

 Wees verseker dat dit met geslepenheid, of geweld,

 van jou afgeneem sal word.

en bewaar jou siel as jy 'n mooi vrou besit

Die vraag is – tot watter mate

is mens gewillig om jou skepsels te verdedig.

Is jy bereid om die dood in die oë te kyk

om ‘n ou klippie te besit?

As jy dit ruil vir geld gebeur dieselfde.

En ou Von timmer hier, en timmer daar.

 Alles wat hy timmer verander in goud.

 Nes sy oupa die ystersmid hom geleer het:

"Maak iets nuttig en goed vir elke dag."

Iets anders wat hy in die lewe geleer het,

is dat, enige plek op aarde, as jy dinge kan maak, doen, of laat gebeur,

op die hande gedra word, en nooit behoefte of honger sal ly nie.

"As mens gee, sonder om te verwag, word jy altyd met oorvloed beloon."

Almal wil besit neem van die hen met die goue eiers

Die probleem is, dat jy afhanklikes skep

 wat vermy moet word  - soos al die meesters weet

Leer hulle om self te loop

 eie kennis nalaat, wat oorneem en lei die weg .

Mens moet verantwoordelik vir jou eie dade wees.

Mens moet nie liefdeloose leemtes skep nie

Woestynlande sonder hoop

Iemand anders het eens gesê:

 

“Strooi jou brood oor die water

en dit kom terug in tienvoud."

En nou Jankempdorp

 Die enigste goeie ding van hierdie dorp is lekker druiwe,

 kerkwyn, baie Masala en brak water.

In Von se boek is dit ‘n woestyn.

Mense woon daar in gebrek vir duisende jare,

 sonder verandering en net vae hoop bestaan in hul lewens.

"Ek kan julle verseker Wonnie is nie een van hulle nie."

Dion en Marize von Wielligh.
Dion en Marize von Wielligh.
Jan Kemp dorp.

 Op daardie oomblik miskien besluit - hy verkies sy rondawel in die reénwoud - "ek vrek liewer in die tropiese omgewing

Dion en Marize von Wielligh in 2007
Dion en Marize von Wielligh in 2008

 in die mistige nat bos, met fungi en acaros

voor ek ´n week in ‘n verlate woestyn uithou."

 Wat ‘n verbaasing toe hy uitvind dat kinders van 7 en 9 jaar oud,

 (Marize en Dion, Gideon se kinders)  

nog nooit reên gesien het nie.

Dramatiese Prente

Ou Vuilbaard was oor die vingers getik

 om dat hy nog altyd vir ‘n baas gewerk het

want ‘n von Wielligh werk net vir homself en sy afhanklikes.

Artistiese Werkamer.
Biblioteek en Artistiese Werkamer.

omdat hy nog nie "kleinkinders vir Oupa kom wys nie" en ook

omdat hy nog nie "'n huis met ‘n vrou en kinders en familie had nie."

Hy was aangeraai

om al die mooi en rein dinge

 van die verlede te omhels

 en daarop te bou.

“God het die wêreld geskape soos ‘n mes

dit is aan jou oorgelaat

 of jy hom vat by die hef of die lem” - C J Langenhoven

 

 Dit was mos  Pa Wikus  se lewenswens,

 om ‘n eie dogter te gehad het,

(of  “maar net ‘n kleindogter se kiekie te sien”).

 Dit was ‘n skerp, bitter verwyt – wat gewond het.

Tot in daardie stadium van sy lewe was  foto’s  nie belangrik nie

 want Wonnie dra mos al sy prente in sy kop.

Hoe wens hy vandag daar was ‘n manier om hulle hier, op hierdie blaai te kon vertoon

 sodat die lesers ook in al sy mooiste oomblikke kan deel, en dit geniet.

"Nou moet ek maar ander se prente gaan haal om te wys en te vertolk wat ek sê".

Myleen en Familie
My eerste liefde met haar fam Tien jaar later

Myleen en haar familie  in  2011

 

Ou Vuilbaard het altyd ‘n ooreenkoms getref

met sy “gypsy kat vriendinne:”

"As dit ‘n dogter is, bly sy by jou  - ‘n seun neem ek met my saam.”

En so het hy sy dogters verlate oral in die Verre Ooste agtergelaat.

 Net soos in Suid-Afrika, word dit verwag dat mens ‘n naamgenoot moet nalaat, want dogters tel mos nie.

Hy het hulle agtergelaat sonder ‘n traan of bekommernis,

want hy het die verantwoordelikheid en oordeel van hul moeders vertrou

Sy meisie in Vungtau
Elegant en vroulik soos skoenlapers in die son

 

onafhanklike vroue, die meeste met ander, en ouer kinders.

 Hy het na hierdie vroue soos volg verwys:

"Vlinders in die son, en sy kies altyd haar eie maatjie".

So fyn en delikaat - jy mag net bewonder,

 ‘n verbygaande drukkie gee, maar nooit besit nie.

En omdat so ‘n vrou die bewondering van almal geniet,

 het sy altyd alles wat haar hart begeer.

Sy meisie in Pnom Phen na tien jaar
Sy meisie in Pnom Phen

 

" Die roosboom in God se aardse tuin”

aan jou is stil die diep geheim vertrou

om onskendbaar aan Gods skeppingsplan te bou

want vanuit jou wese klein en swak

spruit telkens weer, 'n nuwe lewenstak."

  En so, in Suid-Afrika, kort voor lank, het Ou Vuilbaard se geluk opgeraak.

Amper gelyktydig het nuus oor twee naamgenote hom bereik.

Artistiese uitdrukking
halsnoer
Vuilbaard se Halsnoer jare

Die eerste seun – ek was  aangeraai hd storie is beter vergete.

 En so bly net die herindering van ‘n baie spesiale siels genoot.

"En sy speel die klavier, wat praat, net vir my,

en vandag nog hoor ek haar,

 van tyd tot tyd, in die musiek ooral om my rond"

Lavon Canet von Wielligh

 En die ander seun
Nuus uit Sentraal-Amerika lui dat daar in Limon aan die Karibiese kus ‘n seuntjie met die naam Lavon Canet von Wielligh Rosales is.
 Omtrent hierdie seun bestaan daar twyfel. Wat belangrik is, hy het die "von Wielligh" naam. Hy is mos ´n naamgenoot in ‘n land waar die moeders die oorheersende mag is.

 

Canet en Evelyn von Wielligh
Evelyn en Lavon Canet von Wielligh
Dit is wat hy aantref hier in Costa Rica

En die mense fluister:- in die woud is daar ook ‘n ander klein meisie.

 “Evi la rubia es hija de la Von” se dogter. Dit is nou een dogter wat hy nie kon agterlaat in die bos nie. Hy moes haar gaan uithaal vir haar oupa Wikus.

Lavon Canet von Wielligh en familie
Lavon Canet von Wielligh en familie
Lavon Canet von Wielligh

  Die mense van die woude soek nie ‘n beter of ander lewe nie.  Hulle het ‘n ideale lewenswyse, en het niks  nodig nie. Daar en dan het Ou Vuilbaard ‘n besluit oor die toekoms geneem. Want skielik hou Suid-Afrika absoluut niks meer in wat hom interesseer nie. Hy sien verder die skrif teen die muur. Vir hom was die toekoms in Suid-Afrika in swart geskryf.   

Maak 'n Kersfees Portal
Hoe kan mens hd dingetjie in die bos laat grootword.

 Verder was hy ook maar deur en deur uitgebak met al die familie en vriende. Hy het daar en dan opgepak, en na Costa Rica teruggekeer, vasbeslote om die rol en verantwoordelikheid van alleenouer te aanvaar.

"‘n von Wielligh moet staan by sy woord.

‘n Man sonder woord is niks werd nie."

Dit is sy eie lot wat hy uitgespreek het toe hy gesê het:

"Nou is dit my beurt om kinders groot te maak. 

"Dit maak nie saak
 as hulle nie myne is nie
want iemand daar buite kyk weer na myne."

En die mense sê spottend

"La Von het broeis geword."

Om hulle te plesier,

soos ‘n voorbeeldige matriarg,

het hy met sy bene gekruis begin sit.

 

Goud smeltery
Goud smeltery

Wisteria sinensis
Wisteria sinensis

Bambu Blomme

jacaranda mimosifolia in flower
jacaranda mimosifolia in flower

Afrika/Springbokke.jpg

Pretoria die Jakaranda Stad
Pretoria soos ek hom onthou
Pretoria die Jakaranda Stad in die 60's

blou van onse hemel
Berge teen blou
Berge teen die blou van onse hemel

Kosmos in blom
Kosmos blomme so ver mens sien en die klipkoppie

En as die wind waai , maak die koring golwe soos die see, Dit is mooi.
En as die wind waai , maak die koring golwe soos die see

Naakte berge
Uitnodiging om beeldhouer te speel

Die Kaapse wynboorde en Berge met herfs kluere
Die Kaapse wynboorde en Berge met herfs kluere
Africana sunset
Africana sunset
Kluere van die kultier
Colorful Cultural Dance Africana
Meer blomme in Pretoria

Mother and Child
african culture in Art

Cultura Africana Grande

Africana  Culture

African mother and child

African art in many colors
the many colors of africa

Amakeia saggies nuerie

.
Lamie Goenewald vandag met ouma Tiekie en Fam.
Lamie toe ek haar laas gesien het

Haai my liewe ou Lammetjie – Dit het my baie hartseer gemaak – Harde woorde uit my moeder land, Weerklink de gees van ons Afrikaanse taal. My eerlike en Beste Raad – “Hol weg jong”  Julle is welkom hier
Vir die wat wil weet ek voeg jou skrywe hier onder
As jou land van geboorte skielik onleefbaar word, moet jy hom verlaat en soek na 'n plek waar die son lekkerder skyn oor almal gelyk.

Oom Von - Die land is in 'n gemors. Moorde vind orals plaas. Kinders word wreed verkrag. Mense verloor hul werke, huise, huwelike, lewens, self respek, waardes, morele, harte en verstand.. Jou lewe is 'n gemors. Jy soek, jy klop, jy roep.. Jy huil, jy lag, jy raak kwaad.. Jy voel leeg. Jy voel verlore. Jy soek jou voetspore, maar vind verdwaalde paaie. Satan staan en lag. Dis verby. Sluk daai pil, trek die sneller, gee daai tree oor die rand... Vrees is aan die orde van die dag. Vrees bepaal jou kom en jou gaan. Vrees vir jou lewe, vrees vir jou medemens, vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou omstandighede, vrees vir more, vrees vir die herinnering van gister, vrees vir die omstandighede van vandag.

VREES... Maar vandag wil ek vir jou se, die spel is nie oor nie!! Die Koning het nog 'n skuif oor!!!!!!!

 

ons geliefde strand
Vuilbaard en suen

Jare gelede, in die beroemde Louvre Museum in Parys was daar 'n skildery met die titel skaakmat". Dit het die Satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaak-opponent uittroon, omdat hy sy opponent se siel gewen het. Die opponent word uitgebeeld as 'n jong man, sy kop gebuig in vernedering - hy's verslaan en verslae. Sy gesig is vertrek van pyn - en die Satan lag oorwinnend. Daar's 'n paar stukkies oor op die skaakbord en die woord "Skaakmat" staan oor die skildery geskryf.
'n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel. Doodstil staan hy vir lank die prent net en bekyk. Toe hy skielik lewe kry en begin uitroep: "dit is 'n leuen, dit is 'n leuen!"
Ander mense in die gallery het kom kyk wat aangaan. Wat is die leuen vra hulle terwyl hy aangaan om dit uit te roep. Die Kurator van die museum daag op. "Meneer is hier 'n probleem, kan ek help?" Die man kyk die kurator in die oe en se: "Ek is die Franse skaakkampioen - ek se vir jou dit is 'n leuen!". Die kurator was nog steeds verward - wat is 'n leuen?
Die man wys na die skaakbord en sê: "die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nie, dit is 'n leuen, dit is nie skaakmat nie, die koning het nog 'n skuif!"

- 'n Klein seuntjie met 2 vissies en 5 brode en duisende mense. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif, en hulle tel 12 mandjies kos na die tyd op.

- 'n Man met die naam Daniël word gegooi in 'n kuil vol honger leeus. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor!

- Jesus kom by die graf van Lasarus. Hy's al drie dae dood. Die graf ruik sleg. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die koning het nog 'n skuif oor!

- Die vrou by die put, moet deur mans met klippe doodgegooi word. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die koning het nog 'n skuif oor. "Gaan en moenie langer sondig nie!" - Die moordenaars saam met Jesus aan die kruis. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor, vandag sal jy saam met my in die paradys wees.

- Op Goeie Vrydag word die Lam geslag. Die mense skreeu veroordelend - Kruisig Hom, kruisig Hom. Hulle spot Hom en slaan Hom. Hulle spoeg hom en kap Hom met spykers vas aan 'n kruis. Jesus skreeu met 'n hortende asemteug en gebarste lippe dit uit: Eloi, Eloi lama sabagtani - my God, my God waarom het U my verlaat". Let op asb "sy laaste Woorde was 'n Boodskap aan die mensdom.
 Die Lewende God is die enigste werklikheid 
 Lewe is God - dis al wat mens het..
Eenkant staan mense en sê: "Ja ander kon hy red, maar Homself kan hy nie red nie". Dit is verby, skaakmat, gaan maar huis toe

 Satan leun smalend oor die skouer van die mens, alles is verby, maar dan kom opstanding Sondag
 en ek en jy weet. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor!

2010 Tecnologia
So lekker as die vonke so spat.

Click
Evi en Chi von Wielligh
Lavon se twee dogters uit die bos ervaaring

Dit is die begin van ou Vuilbaard se storie.

 En hy verwys, en praat van Lavonn, want dit is sy baas se naam.

Dit was die eerste keer dat hy onafhanklik begin werk het. Hy het met vuur en yster begin werk, want dit is wat sy oupa hom geleer het. Hy wou dinge maak wat nie in die winkel gekoop kon word nie. As mens werk met vuur en yster is jou baard altyd vuil, en daarom het die naam Vuilbaard ontstaan.

 

 

Hulle bring 'n koeldrankie en vrugte vir Papi
Vuilbaard en Grandchildren
Daar bestaan nie baie fotos van hom nie.

Die kinders noem hom Papi

 en as hulle groot word sê hulle Won.

Daar is altyd een of twee suigelinge in sy huis.

 Drie geslagte is hier gebore en het hier grootgeword.

Vanaf twee jaar is hulle amper self groot, en die grotes help weer die kleineres.

As hulle die toilet bemeester en kan praat gaan hulle kleuterskool toe. Hulle klouter die trappe op en af voor hulle kan loop, en hierdie huis het baie steil galei hout trappe. ”Die skaterlag, en luide skreeuende stemme van hardlopende, gesonde en gelukkige dwergies of "enanos" vul die huis. En hy sê: "Dit is vir my die mooiste geraas op aarde en streel my gemoed." Dit wek die strewe van drome tot verdere hoogtes en om dieper insig te mag hê.

Click
Klein Kinders met Cheetha
Blaaskansie met die kroos.

Click om in GROOT te sien
Grethel en haar fam 'n paar jaar later
Grethel en haar fam 'n paar jaar later

 
Die huis is gebou met die oog op kinders.
 Tafelhoeke en kante is oral rond gemaak
 en al die spykers en splinters verwyder.
Gevaarlike plekke
het tralies sodat niemand kan deurval nie.
Hier aangeheg is foto’s
van sy kleinkinders
met sy tuin in die agtergrond.

..

Grethel Avila Reyes
Oorhandig Grethel aan die bruidegom

  En nou - later in die lewe…die ander dinge wat aan hom plesier verskaf. As die kinders uitsonderlik presteer op akademiese gebied, studiebeurse wen,  in die vreemde gaan studeer  en vooruitkom in die lewe. En as hulle hom vra om hulle in die kerk aan ‘n bruidegom af te gee, soos met Grethel

Gre se graduasie '83

  Hy het tot die besef gekom - dit is nie bloed wat ‘n familie maak nie. Dit is ‘n kultuur met onaantasbare bande van onbesitlike liefde en tere gevoelens, getrouenheid  aan die clan, tussen broers en susters, mense wat vir mekaar opstaan, iets soos "bloed is dikker as water".

Natuurlik moet mens in aanmerking neem dat ons in ‘n gemeenskap leef

 waar die familieband eerste kom,

en die moeder is hoof van die familie,

haar woord kom altyd eerste.

Sy is  jou enigste ware vriend en vertroueling.

Evelyn     Cheetha von Wielligh

 es una familia solterona. -  aleen ma familie
Chi met haar responsibilidad

Dit is ook ‘n plek waar ouers soms kaalvoet loop, sodat die kinders skoolskoene kan hê. Herhinneringe  is  daardie klein dingetjies en beginsels wat mense verbind - die kultuur van die “familia”. Hulle weet wat om te doen sonder om Papi te raadpleeg, of beter gesê 
 hulle weet wat Lavon se komentaar sou wees.

Dit was nogal moeilik om die rol van ‘n alleenpa te vertolk in teenstrydigheid met lokale gewoontes en omstandighede. Hy was daarom onder die soeklig en ook gereeld die aandag van die skinderbekke. As mens vandag terugkyk met insig verstaan jy die noodwendige veranderinge van mooi ou Boeregewoontes. Bv: jy durf nie waag om jou dogter te soengroet in publiek nie – ook nie eers drukgroet nie – anders word jy begroet met “viejito verde” wat  “sugardaddy” en pedofiel beteken.

Click
Groot Groot Ouma verjaar 100 jaar.
Tito Lavon en Groot ouma

Die vertoon van intimiteit of dronkenskap in die publiek word sterk afgekeur.

Dit is so lekker in ‘n groot familie

as die kleinkinders kom kuier, tydens die skoolvakansies.

Dan is die huis skielik vol mense

en maak hulle ‘n lang bed onder die eettafel soos op Goedehoop.

Die "lelike brak" (in Spaans Fea, gesien sittend op sy hande)  is ook lid van die familie,

en deel in die pret. En oor haar kan hy baie stories vertel.

Om te begin "sy was die edelikste brak op aarde"

en hy is  nie skaam om te verklaar dat hy

trane gestort het die dag van haar sterwe nie.

In die tegniese wêreld geld die reël - "Solamente con imaginacion y astucia llegaras a tus metas."

In Afrikaans kan dit vertaal word met: - "Net met ‘n nugter en uitgeslape verbeelding bereik jy die doelwit."

Hul werkgroep van vyf is hoofsaaklik van inboorlingafkoms. Hulle volg die huislike leefwyse wat campesino genoem word – eenvoudig en definitief nie verfynd nie. En vir diegene wat belang stel - elke dag eet hy die lekkerste papbrandseltjies, soos net sy Aia kon maak - hier noem ons dit "tortillas" die lekkerste, vars gemaak, en "choriadas" van groen mielie gemaak.

Spaans is ‘n lekker taal om dinge in reg te sê, en vertaal pragtig in Afrikaans – mens voel tuis. Daar is byvoorbeeld agt maniere om reën te beskrywe. 

 

Ons word Ticos genoem, deur die bure,

omdat ons die verkleiningsvorm so dikwels gebruik

net soos in Afrikaans.

Bv:  voetjies en handjies onder die kombersie,

 sluit jou ogies en slaap lekkerkies

 met die mooiste droompies...

En vir diegene wat graag meer wil weet omtrent tale;

na Mandaryns, is Spaans die mees gesproke taal wêreldwyd.

 

Die huis in die "Bosque".

  Die huis  - dit beslaan ‘n totale vloerspasie  van ongeveer 1 000 vierkante meter - die grondvloer is sy werksplaas en die tweede vloer word vir  sy tuin, woonplek en daaglikse bedrywighede gebruik. Daar is een kombuis vir almal met streng etensure as instelling, want anders ly jou gesondheid skade. Hy mis egter soms die etes as hy besig is met ‘n fassinerende, uitdagende taak. Die oggend begin met brood en koffie. Om 12.30 word middagete bedien, om 15.30 koffie en aand ete is weer om 20.00. Elkeen help homself, en na ete was jy en maak skoon. As hy eet word almal om hom ook gevoed - soos die visse en bosduiwe en besoekers wat op die oomblik teenwoordig mag wees. Saameet is ‘n huisgewoonte.

Die derde vloer is soos ‘n kweekhuis. Die hele Costa Rica is vol Jakarandabome wat amper heel jaar blom, asook vuurbome en Ben se geliefde koraalbome. Die hele sentrale vallei staan in rooi koraal geverf na die eerste reëns in Mei.

Nadat hy die reënwoud verlaat het, het hy die woud huis toe geneem. Want sien, die onderwoud het die pragtigste plante. Daar is baie stadige groeiers, en soms neem dit ‘n jaar vir net een nuwe blaar om oop te vou. Hierdie plante groei met baie min lig, is plaagbestand, want almal is giftig, of hulle het hare en dorings, maar is ideaal om binne-in die huis "soos ou vriende” geplaas te word. Hulle beset die helfte van die woonspasie. Die kleinkinders se eerste les is:  “Die plante mag net gesien word en nie aangeraak word nie.” As een van hulle blom word almal geroep om in die oomblik te deel. Gewoonlik blom hulle in die nag.  

hoekie van die tuin
hoekie van die tuin

Daar is nege en negentig  “Masetas” of dwerg tuine wat al dertig jaar lank saam met hom woon, en elke potplant is soos ‘n klein biosfeer, met ‘n hele klomp ander inwoners, soos bv erdwurms, akkedisse en miere. Hierdie plante het ‘n lewensgeskiedenis,  amper asof hulle mense is. “Hulle is nie mooi nie, en soms hang hulle in repies, maar hulle was my afhanklikes en metgeselle lank voor julle geboorte,” vertel hy aan die huismense. Die mossies kom maak nes in die huis en word vreeslik mak.  Die huismossies hier is parmantige outjies met kuifkoppies  en hulle verdeel die huis in koninkryke.

Daar is nie ‘n vlieg of insek in die huis nie.

  Hy het self die huis gebou, met ‘n glasdak - en niemand het nog ooit ‘n klip durf gooi nie.  Of beter gesê, as jy in ‘n huis woon, met ‘n glasdak, mag jy nie vyande hê nie! Die huis het vier glasskagte wat al die vloere verbind met lig en ventilasie. Die huis het verder geen binnedeure nie. Net die gasteslaapkamers kan toemaak. Die badkamers is oop onder met gordyne wat jy toetrek om aan te toon dit is beset. Elke Saterdag reen dit in die tuin en

 word die hele wit teëlvloer,

duiweplek en sekere plante afgewas. ‘n Halfuur later

 is alles droog en helder skoon.

tito Lavon met felino opmaak

Mens kan dit

 selfopgelegde huisarres noem,

 of outisme of Asperger-sindroom as jy wil.
Hierdie leefstyl kan met die van katte vergelyk word:

 Vermy konfrontasie en interaksie en bly uit die moeilikheid.
Nie altyd gereed om liefkoosing te ontvang nie

Onafhanklike alleenlopers wat mense vermy.

As julle oë skielik ontmoet, verander jy in padkos

 Hy soek hoogtes om te klim vir 'n voëlperspektief,

 en om vér te kan sien,

 om te weet wat lê oor die bult.

 Ander diere herken sy doelwitte,

hou hul afstand en is glad nie bang vir die leeu nie -

nog minder nou, op sy oudag, want hy is sonder tande.

Selfs die apies koggel en terg hom,

 die kleinkinders trek sy baard,

En hy maak snaakse gesigte om hulle te vermaak,

 en laat lag - leer om oor jou self te lag - soder spot

Hulle geniet dit om sy baard te druk

en lei hom weg aan die hand

"om na blommetjies te gaan kyk"

met die lila kluer

Vuilbaard rustig in sy reen woud
Vuilbaard alleen in sy reen woud

 
  En nou op sy oudag
 is Ou Vuilbaard kort van draad, nukkerig, en befoeterd as bestoor
 en soms katterig
 as iemand durf liefkoos of ongevraagde aandag skenk
 maar sonder tande en gewoonlik rustig in sy woud.

As hy geterg of sy siel uitgetrek word

staan hy op en loop weg

om skadu te soek in ‘n ander plek.

As hy in ‘n hoek gedruk word,

 kan jy ‘n ernstige toesnouiing verwag

wat gepaard gaan met

 ‘n geplooide neus en ‘n gerolde tong.

As ‘n alleenloper is hy gemaak, en so sal hy bly.

Mens kan dit noem

 selfopgelegde huisarres.

 Of jy kan dit noem Autisme of Asperger-sindroom as jy wil
"Maar ek kan jou verseker dit is 'n geene

 'n kat gene van gedrag en lewenstyl,

 

 om konfrontasie en interaksie te vermy – uit die moeilikheid bly
dit maak hulle onafhanklike alleenlopers wat aandag vermy,

 en die oë van die mense

As julle oé ontmoet verander jy in padkos

Vermyding is better,

 want as jy sy aandag trek en hy jou in die oé kyk

Sal jy bars.

 

 Hy lag in sy baard as hy sien hoe die mense oor hom praat,

hul monde met die hand verberg

sodat hy nie kan sien wat hulle sê nie,

want hoor, kan hy nie.

Trug na die begin van hd blaai

 Hier onder volg die Skrywe van Myleen - 2010.

My-Leen-Gedigte/Gedig-van-Leen-My-Lewe-1.jpg My-Leen-Gedigte/Gedig-van-Leen-My-Lewe-2.jpg My-Leen-Gedigte/Hello-Von-6.jpg My-Leen-Gedigte/Hello-Von-5.jpg
My-Leen-Gedigte/Hello-Von-4.jpg My-Leen-Gedigte/Hello-Von-3.jpg My-Leen-Gedigte/Hello-Von-2.jpg My-Leen-Gedigte/Hello-Von-1.jpg

Click on the buttons below for other pages

Looking in to the small

Magical ideas for future dreams

the energetics of life

ethics in harmony

Dream again extreme

 .

.

 .

Aura de vida cosmica

The worlds of the micro y macro cosm

My view of space 25jrs ago

Smell the aroma of life

Dreams for a perfect world