Nicolaas von Wielligh 1936



Nicolaas von Wielligh 1936 |

|
Nicolaas von Wielligh |
Lydia von Wielligh (née Vosloo) 1937
Ouma se tuin |

|

Hier volg verhaalings en stories deur
my neef Ouklaas von Wielligh.

ONS OUPAGROOTJIE: NICOLAAS, was in 1853 GEBORE Nicolaas het op ouderdom 30 van die Kaap na Transvaal toe getrek, omstreeks 1883, en op die
plasie Driefontein naby Boksburg gaan woon. Een van sy bure was Wentzel en hy is waarskynlik
met dié se dogter getroud wat verklaar waarvandaan die name Christiaan Lodewicus Wentzel in die familie
ingekom het. As ’n mens kyk na Nicolaas 1853 se dogters met name Maria, Elizabeth Jacoba en Martha Maria, dan het hulle
Ma (Wentzel) waarskynlik een van dié name gehad.
Nicolaas 1853 was weliswaar
die eerste Nicolaas von Wielligh in die Transvaal maar dit sou nie reg wees om hom Nicolaas 1 te noem nie. Dié eer
kom Nikolaus toe wat in 1705 by die Kaap aangekom het. Ná hom was daar ’n hele klomp Nicolase:
Nicolaas 1780 het een seun by Bettie
Theunissen gehad, Nicolaas (1833 – 1907). Hy is met Martha Maria Retief getroud, dogter van Gideon Retief (wat ’n
broer was van Piet Retief). Hulle het 5 seuns gehad: Nicolaas 1853 (ons Oupagrootjie), Gideon Retief of
GR (1859), Philippus Albertus (Flip) (1863), Marthinus, Piet Retief (Piet).

Nicolaas 1853 het 9 kinders gehad, 6 seuns en
3 dogters: Soos gesien op bygaande foto. - Nicolaas (ons Oupa) en sy tweelingbroer
- Christiaan Lodewicus Wentzel, 1876 . Hy was met Martha Maria (Meraai) van Niekerk getroud. Hulle het 7 kinders
gehad waaronder Nicolaas (ook Karools genoem) wat met Maaims getroud was; Hans (het op die myne gewerk); Manie (boer naby
Bekkersdal); Eleon (het in die lugmag gewerk en later geboer); Nellie (met Bester getroud) en Bettie (met Lotter getroud).
- Pieter Retief (vermoor by die ERPM-myn)
- Benjamin (Ben). Hy is later met
Christiaan se weduwee getroud en het op Bekkersdal geboer.
- Gideon Retief (Giep). Hy was
met Tant San getroud en het op Boksburg gewoon.
- Philippus Albertus (Flippie). Hy was
verstandelik vertraag en het by Christaan/Ben op die plaas gewoon.
- Maria. Sy was met
Fritz Rossouw getroud en twee van hulle seuns het in Kenia gaan woon.
- Elizabeth Jacoba
(Bettie). Sy was met Van Niekerk getroud.
- Martha Maria. Sy was met Benjamin van Coller
getroud. Hulle het ses kinders gehad waaronder Chris (NG predikant), Dolf (onderwyser) en Klaas (senior tegniese pos by die
SA Lugdiens).
Ouklaas onthou Oupa Klaasie. Oupa se tweelingbroer was
Christian Lodewicus Wentzel von Wielligh, en hy was bekend as oom Chrisjan. Ek het steeds
kontak met 'n kleinseun van hom wat sy naam dra en ek het ook 'n koerantknipsel van sy begrafnis waarin sy name voorkom. Ek het oom Giep goed geken,
hulle het dikwels by ons kom kuier tot my Ma se konsternasie. Hy het net vyf minute gesit, dan al die prente teen die
muur reggedraai en sy vinger oor die kaggel en vensterbanke getrek om te kyk of daar stof op was.
Nicolaas-1876 |

|

Ek het hom natuurlik heelwat minder gesien, net wanneer hy
''op die dorp" kom kuier het. Wat ek van onthou was dat wanneer hy by ons kom kuier het, het hy altyd 'n pak en 'n das
aangehad. Hy sou miskien die baadjie uittrek maar die das het hy aangehou. Hy was baie lief vir lees en ek het altyd by al
wat 'n biblioteek was, vir hom boeke oor die Boere-oorlog uitgeneem. Ja, hy en sy tweelingbroer, oom Chrisjan, was albei bittereinders - hulle was nooit gevang
nie. Ek weet nie van een van die familie wat in 'n krygsgevangene- of konsentrasiekamp was nie. Hulle het die oorlog begin
in die Boksburg Kommando en het later onder generaal Kemp geveg. Een van my wonderlikste herinneringe is oor 'n vakansie
wat oupa Klasie saam met ons see toe was - as ek reg onthou Amanzimtoti.Infoegsel - dit
is die keer toe hy trugkom met die snaakste bottles gevul met seewater, wat hy seker
op die strand opgetel het - dit is toe hy uitgevind het dat as hy seewater snuif is goed vir sy nues probleeme - later
toe die seewater opgeraak het, het hy lou soutwater gebruik. Maar die hele pad wat ons Natal toe gery het,
het hy net vertel wat by hierdie dorp of slagveld gebeur het, hy was blykbaar lank in Natal gedurende die oorlog. Hy kon met
oorgawe en baie entoesiasties die verhale oordra en ek het letterlik aan sy lippe gehang - wens net ek kon alles onthou! In
daardie dae was Natal nog baie, baie Engels en Oupa was nou nie juis baie lief vir die ou nasie nie. Hy het egter nie veel
tydens die vakansie gesê nie maar toe ons terugry Transvaal toe, staan daar so 'n slap, rooigebrande Engelsman langs
die pad en duimgooi. Ek het gesien Oupa word rooi van woede, hy draai die ruit toe af en snou die Rooinek toe: Go to your
moer! Dit was die enigste keer wat ek hom ooit 'n sterk woord hoor sê het maar dit was die resultaat van twee weke se
opgekropte woede oor die Vyand.
Ek kan ook onthou dat Oupa nooit sout geëet het nie, die gevolg
van die oorlog toe hulle sonder sout moes klaarkom. Hy was baie lief vir Coca Cola. Die laaste keer
wat ek hom gesien het, was in 1958 toe ek as student vir hom gaan kuier het in die Algemene Hospitaal (later HF Verwoerd)
waar hy gelê het met maagkanker. Hy is kort na my besoek oorlede. Iets wat ek van hom oorgeêrf het, is dat hy nooit by wou wees as hulle skaap,
bees of vark geslag het nie. Hy het altyd sy sambok geneem (teen rinkhalse) en die veld ingevaar op die plaas. Hy was 'n regte outydse "gentleman".
As ons ou Nikolaus wat in 1705 in die Kaap aangekom het
neem as die eerste geslag, dan is Boetie, jy en ek die negende geslag in Suid-Afrika. Dit
is dus baie verwarrend om na ons Oupagrootjie as Nicolaas 1 en Boetie as Nikolaas 5 te verwys. Ek sou liewer die geboortedatum
gebruik, byvoorbeeld Nicolaas 1876 vir ons Oupa. My Pa was die vierde Nicolaas van daardie jare se oes en om hom te onderskei
van die ander, is hy Nicolaas Quartus gedoop.
Rufus Baron von Wufus |

|
Lydia von Wielligh (née Vosloo) 1937
Memoirs van Rufus deel twee
Memoirs van Rufus Deel drie.
Ben hier is jou kamppie om jou se te sé. Ons wag vir jou bydrae.


|
Escudo Banadera Tico. |
Ben en Jana von Wielligh op vakansie in Costa Rica.
Ben en Jana von Wielligh het my eendag gevra waarom
ek nog Afr kan praat na dertig jaar se awesigheid. Toe se ek vir hulle "ek glo nie mens vergeet ooit jou moeder
taal nie - in my geval - My gewete praat afrikaans met my - Daardie binne stemetjie.
Costa Rica |

|
Playa Ballenas |
Garobo grande - Tico |

|

Here I'll describe another picture from my vacation.

Gaan trug na die begin van hd Bladsy
|